Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Basiese Onderwys en Solidariteit bereik ‘n ooreenkoms oor die BELA-wet
# Die Grensbestuursowerheid monitor die Mosambiekse betogings
# En, krieket: Marco Jansen neem sewe paaltjies om Sri Lanka vir net 42 uit te knikker
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en Solidariteit het ‘n bilaterale skikkingsooreenkoms onderteken wat aandag gee aan kwelpunte oor Artikels 4 en 5 van die BELA-wet. Gwarube beklemtoon die rol van dialoog in konflikoplossing. Aanbevelings aan president Cyril Ramaphosa sluit in die instelling van sleutelafdelings eers nadat nasionale beleid en norme bepaal is, om duidelikheid en raadpleging oor skooltoelating en taalbeleid te verseker. Sy sê die ooreenkoms strook met grondwetlike voorskrifte om leerders se regte te beskerm en opvoedkundige bestuursmagte te balanseer.
# Die DA kritiseer die voorgestelde Transformasiefonds van 100-miljard-rand wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, aangekondig het. Die DA voer aan die fonds, wat deur die Nasionale Bemagtigingsfonds geadministreer word, en in ooreenstemming is met die Swart Ekonomiese Bemagtigingsregulasies, loop die gevaar om nie sy doelwit te bereik om die ongelykheidsgaping te vernou en hoëgroei-ondernemings te stimuleer nie. Toby Chance van die party sê hulle wil hulpbrontoewysing op meriete en lewensvatbaarheid hê, eerder as rasgegronde kriteria:
# Die Grensbestuursowerheid hou ‘n wakende oog oor hernude betogings in Mosambiek. Dit volg nadat opposisieleier, Venâncio Mondlane, ondersteuners aangemoedig het om drie dae lank te betoog oor verlede maand se omstrede presidentsverkiesing. Betogings ontwrig paaie en openbare vervoer in die hoofstad, Maputo. Die adjunk-kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Mmemme Mogotsi, bevestig daar is verhoogde waaksaamheid naby die grens namate spanning in die streek toeneem:
# Die Nigeriese president, Bola Tinubu, het vandag ‘n tweedaagse besoek aan Frankryk begin met albei lande wat groter ekonomiese samewerking wil hê. Parys wil bande met Engelssprekende Afrika versterk na ‘n reeks terugslae met voormalige bondgenote. Die Franse president, Emmanuel Macron, het sy ampsgenoot by die geskiedkundige Invalides-gedenkkompleks verwelkom vir die eerste amptelike staatsbesoek deur ‘n Nigeriese leier in meer as twee dekades. Die twee volksliedere het ‘n besoek afgeskop wat ekonomiese vennootskappe tussen Frankryk en Afrika se digsbevolkte land moet bevorder.
# Krieket: Die Proteas se snelboulers het Sri Lanka vir net 42 lopies uitgeknikker op die tweede middag op Kingsmead in Durban. Marco Jansen het die grootste verwoesting gesaai met sewe paaltjies vir net 13 lopies in sewe boulbeurte. Hy is goed bygestaan deur Gerald Coetzee wat twee paaltjies geneem het, en Kagiso Rabada die ander een. Dit het aan Suid-Afrika ʼn stewige eerstebeurt-voorsprong van 149 lopies gegee nadat kaptein Temba Bavuma die tuisspan gered het met ʼn uitdagende beurt van 70 wat hulle tot 191 gevoer het. Halfpad deur die laaste skof was Suid-Afrika se tweedebeurttelling 55 vir een.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-15-sent teen die dollar, 19-rand-14-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-193-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-644-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….