Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Uitspraak word voorbehou in DA Abroad se burgerskap-hofsaak
# Tennis: Novak Djokovic onttrek aan die ATP-eindtoernooi
# En, News24 stel ‘n nuwe instrument bekend om verklikkers te beskerm
# Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die DA Abroad se aansoek oor Suid-Afrikaanse burgerskap. Die organisasie daag die Suid-Afrikaanse Wet op Burgerskap uit wat die verlies van burgerskap vir Suid-Afrikaners bepaal indien hulle ander lande se burgerskap sonder toestemming bekom. Die Appèlhof het vroeër ten gunste van die DA Abroad beslis en die Konstitusionele Hof moet dit bekragtig. Die DA-woordvoerder, Ludré Stevens, sê hulle is ten gunste van die outomatiese herstel van burgerskap:
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het herhaal alle dam-eienaars moet vir lisensies registreer ná ‘n damwal meegegee het in die Swartland-munisipaliteit in die Wes-Kaap. ‘n Voorlopige verslag het aan die lig gebring die vorige eienaars het nie die nodige goedkeurings verkry nie, wat gelei het tot die dam se onveilige toestand. Die minister het gepraat oor haar 100 dae in die amp en gesê aanspreeklikheidsondersoeke duur voort:
# Amerikaners het begin stem om die land se leiers en ‘n nuwe president te verkies. Oudpresident Donald Trump, wat teen visepresident Kamala Harris te staan kom, het reeds herhaalde bewerings gemaak oor Demokrate wat kul. Dit beteken kiesersgeskiktheid tot logistieke probleme soos lang toue, die funksies van stembriewe en die telling van stemme, sal noukeurig ondersoek word, veral in die belangrikste slagveldstate. Verkiesingsbeamptes het onderneem om die integriteit van die proses te handhaaf en kiesers aangemoedig om nie mislei te word deur samesweringsteorieë nie.
# Tennis: Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het aan die ATP-eindtoernooi onttrek wat Saterdag in Turyn, Italië, begin. Die Serwiër sê op sosiale media hy sukkel nog met ‘n besering. Dit bring mee dat Casper Ruud van Noorweë, die Australiër Alex de Minaur en die Rus Andrey Rublev die oorblywende drie plekke in die toernooi inneem, waaraan die agt beste enkelspel-spelers en dubbelspelpare deelneem. Hulle sluit aan by Jannik Sinner van Italië, Alexander Zverev van Duitsland, die Spanjaard Carlos Alcaraz, Daniil Medvedev van Rusland en die Amerikaner Taylor Fritz.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 22-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-846-dollar-90-sent. Die prys van goud is twee-duisend-737-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-53-sent per vat.
# En ten slotte: News24 het SecureDrop bekendgestel, ‘n nuwe instrument vir die beskerming van om verklikkers wat sensitiewe inligting deel. Hierdie platform maak veilige, anonieme gesprekke tussen bronne en joernaliste moontlik, sonder om ‘n digitale spoor te laat. Die hoofredakteur, Adriaan Basson, sê dis belangrik binne die Suid-Afrikaanse konteks, waar daar dikwels vyandigheid teenoor verklikkers is. Basson sê SecureDrop se koderingsmetodes sal News24 help om mense te beskerm wat korrupsie en wangedrag blootlê. Hy sê hierdie nuwe tegnologie versterk verbintenisse tot etiese joernalistiek en die beskerming van bronne.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….