Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC vra geregtigheid vir Palestyne te midde van die voortgesette konflik en humanitêre krisis
# Sokker: Banyana Banyana wil vergoed teen Engeland
# En, die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê die tee help leerders om kalm en gefokus te bly tydens die eksamen
# Die ANC herbeklemtoon sy steun aan die Palestynse volk te midde van die voorgesette konflik en humanitêre krisis in Gaza. Die party se nasionale uitvoerende komitee het die regering geloof omdat hy bewyse van Israel se beweerde volksmoord aan die Internasionale Geregshof voorgelê het. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het op ‘n nuuskonferensie die internasionale gemeenskap gevra om die toenemende geweld teen Palestyne en Libanon te veroordeel, en gevra vir ‘n skietstilstand en humanitêre hulp:
# ActionSA se leier in Gauteng, Funzi Ngobeni, het kommer uitgespreek oor ernstige watervermorsing weens die onvoldoende bestuur van openbare geriewe. Ngobeni lig beduidende lekkasies uit en eis onmiddellike herstelwerk, die opgradering van infrastruktuur en die aanspreeklikheid van munisipaliteite. Ngobeni beklemtoon inwoners verdien beter hulpbronbestuur om verdere spanning te voorkom. Hy vra onmiddellike, beslissende optrede om die krisis te pak:
# Philadelphia se distriksprokureur dagvaar die tegnologie-miljardêr Elon Musk oor die daaglikse prysgeld van ‘n miljoen dollar ter ondersteuning van die Amerikaanse Republikein Donald Trump se presidentsveldtog. Die geld word uitgedeel tot volgende week se verkiesing. Dit vereis van deelnemers om ‘n versoekskrif te onderteken wat die Eerste en Tweede Wysiging van die Grondwet steun, en vra hulle om voorbrand te maak vir Musk se organisasie, America PAC. Die kantoor van die Demokratiese distriksprokureur Larry Krasner sê hy moet die publiek beskerm teen inmenging met die integriteit van die verkiesing.
# Sokker: Die Afrika-kampioen, Banyana Banyana, speel vanaand in Coventry teen die Europese kampioen, Engeland, en wil vergoed na hulle nederlaag van 5-nul teen Denemarke verlede week. Afrigter Desiree Ellis verwelkom sleutelspelers Thembi Kgatlana, Linda Motlhalo, Hildah Magai en Sinoxolo Cesane terug, wat broodnodige ervaring bydra. Ellis beklemtoon dis nodig om die verdediging voor die kragmeting te versterk, met albei spanne wat vir groot kompetisies voorberei – Banyana vir die Afrikabekertoernooi vir vroue en Engeland vir die Euro 2025-veldtog.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 19-rand-11-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-127-dollar-24-sent. Die prys van goud is twee-duisend-756-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-91-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad beveel rooibostee aan as ‘n natuurlike, kafeïenvrye alternatief vir koffie en energiedrankies vir leerders en studente tydens eksamentyd. Die hoë antioksidant-inhoud ondersteun kognitiewe funksie, terwyl sy anti-inflammatoriese eienskappe breingesondheid bevorder, asook geheue en fokus waarskynlik verbeter. Die woordvoerder van die raad, Adéle du Toit, sê anders as met kafeïenhoudende drankies wat tot ineenstortings en angs kan lei, bied rooibos volgehoue energie, ondersteun hidrasie en bevorder kalmte deur streshormone te beperk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….