Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra die regering om die tekort aan omgewings-gesondheidspraktisyns aan te pak ná die voedselvergiftigingskrisis
# ‘n Man van Klawer word skuldig bevind aan die moord op die 13-jarige Jerobejin van Wyk in Februarie 2022
# En, sokker: Manchester United dank Erik ten Hag af
# Die DA vra die regering om die ernstige tekort aan omgewings-gesondheidspraktisyns aan te pak te midde van toenemende gevalle van voedselvergiftiging. Die DA-lid, Michele Clarke, sê hierdie tekort raak voedselhersiening, veral in oorbesette gebiede, en stel openbare gesondheid in gevaar. Sy vra noodfinansiering om meer omgewings-gesondheidspraktisyns aan te stel om verdere gesondheidskwessies te voorkom wat gekoppel word aan onveilige kos:
# ‘n Man van Klawer in die Wes-Kaap is skuldig bevind aan die grusame moord op die plaaslike tiener, Jerobejin van Wyk, in Februarie 2022. Die Hooggeregshof in Kaapstad het die 58-jarige Daniel Smit se skulderkenning op vyf aanklagte teen hom aanvaar – vir moord, moord met voorbedagte rade, ontvoering, lykskending en regsverydeling. Hy het die 13-jarige vermoor nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy sy vrugte gesteel het, en sy liggaamsdele in ‘n drein op sy eiendom weggegooi. Smit word later gevonnis.
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê sy departement betrek die Nasionale Tesourie oor bykomende befondsingsmeganismes om rampe beter te kan hanteer. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor hoe gereed hy is vir die somertydperk, wat rampbestuursentrums, brandweerdienste en toelaes vir die betrokke munisipaliteite dek. Hlabisa bepleit ‘n multidissiplinêre benadering om voor te berei vir slegte weerstoestande:
# ‘n Komediant wat opgetree het tydens ‘n Donald Trump-saamtrek, het onder skoot gekom nadat hy Puerto Rico as ‘n drywende eiland van vullis bestempel het. Tony Hinchcliffe het ook kru opmerkings gemaak oor die Puerto Ricaanse houding teenoor gesinsbeplanningsmetodes voor Trump op die verhoog verskyn het in Madison Square Garden in New York. Die opmerkings het aansienlike kritiek ontlok, onder meer tussen Republikeinse en Demokratiese politici. ‘n Woordvoerder van die Trump-veldtog, Danielle Alvarez, het gesê hierdie grap weerspieël geensins Trump of die veldtog se sienings nie.
# Sokker: Manchester United het afrigter Erik ten Hag na twee-en-ʼn-half jaar in die pad gesteek. Die span het in 2023 die Carabao-beker verower en vroeër vanjaar die FA-beker, maar kon nie vir die Kampioeneliga kwalifiseer nie. Die Nederlander sukkel vanjaar en laat die span in die 14de plek in die Premierliga, hulle swakste wegspring in 35 jaar. United het gister 2-1 teen West Ham verloor in die Premierliga. Die legendariese voorspeler en hulpafrigter, Ruud van Nistelrooy, neem intussen waar terwyl die soektog na ʼn permanente afrigter begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-896-dollar-52-sent. Die prys van goud is twee-duisend-738-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….