Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Rise Mzansi vra ‘n dringende ondersoek na kommerwekkende bewerings oor voedselvergiftiging
# AfriForum vra premier Lesufi se verwydering om ‘n waterkrisis in Gauteng te voorkom
# En, rugby: Die Haaie kry hulle Bokke terug vir die wedstryd teen Glasgow Warriors
# Rise Mzansi dring aan op ‘n doelgerigte, multi-dissiplinêre ondersoek ná die onlangse toename in gevalle van beweerde voedselvergiftiging, wat tot verskeie sterftes en ongesteldheid van leerders gelei het. Rise Mzansi se woordvoerder, Gugu Ndima, beweer die voorvalle, insluitend een waar 25 leerders van die Laerskool Mshuluzane Mayisela in Bronkhorstspruit in Gauteng in die hospitaal beland het, vind té gereeld plaas om afgemaak te word as geïsoleerde voorvalle wat veroorsaak is deur kos wat verval het:
# AfriForum waarsku Gauteng se waterkrisis vererger omdat premier Panyaza Lesufi versuim om munisipale wanbestuur aan te pak. Woordvoerder Morné Mostert beskou swak bestuur en verval van infrastruktuur as redes vir ingryping deur die nasionale regering. Hy glo dis noodsaaklik om Lesufi te verwyder om Dag Zero te voorkom en noodsaaklike dienste in die provinsie se sukkelende munisipaliteite te herstel:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sal borgtog teenstaan vir die polisiesersant van Limpopo, Rachel Kutumela, haar suster, Annah Shokane, en haar dogter, Madjadji Shokane, wat vandag in die Landdroshof in Polokwane verskyn het in verband met polismoorde. Kutumela word daarvan aangekla dat sy op bedrieglike wyse lewensversekeringspolisse vir verskeie slagoffers uitgeneem het, tien-miljoen-rand geëis en die opbrengs gedeel het. Die NVG se woordvoerder, Mashudu Malabi Dzhangi, sê nog mense kan aangekeer word:
# Rugby: Die Haaie is versterk met die terugkeer van ‘n aantal van hulle Springbokke vir môre se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Glasgow Warriors op Kingspark in Durban. Dis die span se eerste tuiskragmeting van die VRK-seisoen. Die Bok-slot Eben Etzebeth sal die span aanvoer, terwyl sy nasionale spanmaats Ox Nché, Bongi Mbonambi, Vincent Koch, Siya Kolisi, Makazole Mapimpi, Lukhanyo Am en Aphelele Fassi ook almal terug is in die beginspan. Jaden en Jordan Hendrikse is die skakelpaar. Die wedstryd begin môremiddag 3.45.
# Die goudprys is op sy hoogste vlak ooit terwyl beleggers verdere rentekoersverlagings deur sentrale banke verwag, wat goud se waarde laat toeneem as ‘n veilige hawe teen voortgesette geopolitieke konflikte. Die prys het tot bo twee-duisend-700-dollar gestyg en goud-bulle verwag die prys kan die volgende 12-maande tot selfs bo twee-duisend-900 dollar per fynons styg. Verslegtende ekonomiese vooruitsigte en tekens dat inflasie toenemend onder beheer is, het die Europese Sentrale Bank gister genoop om sy depositokoers met nog 25-basispunte te verlaag, in die eerste agtereenvolgende koersverlaging sedert 2011.
Die rand verhandel teen 17-rand-54-sent teen die dollar, 19-rand-6-sent teen die euro en 22-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-788-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-705-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….