Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering gaan dalk die eienaarskapsreël hersien om IKT-belegging in Suid-Afrika ‘n hupstoot te gee
# RISE Mzansi vra ‘n nasionale misdaad-noodreaksie na die Qumbu-skietery
# En, kanovaart: Die Suid-Afrikaner Kira Bester word gekroon as wêreldkampioen
# Die Suid-Afrikaanse regering kan dalk die eienaarskapreël van 30-persent aandele vir internetverskaffers hersien, nadat Starlink verhinder is om ‘n lisensie in die land te bekom. Die minister van Kommunikasie, Solly Malatsi, het aangekondig ‘n nuwe beleidsrigting sal alternatiewe rondom gelykheid uitklaar. Dit kan moontlik beleggings in die sektor lok en wêreldwye internettoegang bespoedig. Die verandering sal globale ondernemings soos Starlink in staat te stel om by te dra tot Suid-Afrika se maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling deur alternatiewe gelykheidsmaatreëls.
# RISE Mzansi is bekommerd oor ‘n massaskietery in Qumbu in die Oos-Kaap, waarin ses mense dood en vier gewond is. Dit volg na ‘n onlangse massamoord op 18 mense in Lusikisiki, ook in die Oos-Kaap. Die party vra sulke voorvalle moet as ʼn nasionale misdaadnoodgeval hanteer word. RISE Mzansi se woordvoerder, Makashule Gana, versoek president Cyril Ramaphosa en wetstoepassing om voorrang te gee aan hierdie sake:
# Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, sê die regering is in die laaste stadium om die witskrif oor Menslike Nedersettings te publiseer. Kubayi was die spreker tydens Wêreld Habitatdag-vieringe en die bekendstelling van die Navorsingstrategie vir Menslike Nedersettings. Sy sê die witskrif sal ʼn oorkoepelende beleidsraamwerk bied vir die lewering van volhoubare menslike nedersettings wat ruimtelik geïntegreer, inklusief en billik is danksy ‘n holistiese benadering wat die robuuste betrokkenheid van belanghebbendes verg:
# Die Nasionale Skuilingsbeweging van Suid-Afrika het die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gekritiseer omdat hy 554-miljoen-rand in onbestede fondse teruggegee het. Zubeda Dangor van die beweging sê hierdie fondse was veronderstel om na belangrike dienste te gaan, insluitend skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld. Dangor sê skuilings het tans nie genoeg vermoë nie, wat baie slagoffers sonder ondersteuning laat. Sy vra dringende hervormings in maatskaplike sorgbefondsing om verdere ontwrigtings van noodsaaklike dienste in kwesbare gemeenskappe te voorkom.
# Kanovaart: Die Suid-Afrikaanse roei-ster, Kira Bester, het die algehele wêreldtitel verower op die Wêreldkampioenskap vir Oseaanwedvaart vir Kano’s in Madeira, Portugal. Die 22-jarige het die wedvaart van 21 kilometer in net minder as twee uur afgelê en haar landgenoot, Michelle Burn, met 22 sekondes verslaan. Ana Swetish van Amerika was derde. Bester beskryf haar oorwinning as ʼn droom wat bewaarheid is:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-39-sent teen die dollar, 19-rand-9-sent teen die euro en 22-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-889-dollar-43-sent. Die prys van goud is twee-duisend-646-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….