Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Reserwebank verlaag die terugkoopkoers met 25 basispunte
# Burgemeester Cilliers Brink sê die Tshwane-koalisie se prestasies word bedreig deur die naderende wantrouemosie
# En, sokker: ‘n Besige tydjie vir Buccaneers
# Die Reserwebank het die terugkoopkoers met 25-basispunte verlaag. Dit beteken die terugkoopkoers is nou laer op 8-persent. Banke sal die prima uitleenkoers tot 11-komma-25-persent verlaag. Die aankondiging volg op die besluit van die Amerikaanse Reserwebank om rentekoerse met 50 basispunte te verlaag. Dit kom ‘n dag nadat aangekondig is plaaslike inflasie vir Augustus was 4,4-persent, laer as die teiken van die Reserwebank van 4,5-persent. Die president van die Reserwebank Lesetja Kganyago het die nuus gedeel:
# Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, waarsku die prestasies van die regerende veelparty-koalisie word bedreig deur die naderende mosie van wantroue aanstaande Donderdag. Brink het op ‘n nuuskonferensie die sukses van die koalisie, insluitend die stabilisering van die stad se finansies, die verbetering van dienslewering en die oplos van beleidsgeskille, uitgelig. Hy is besorg politieke onstabiliteit kan hierdie vordering ongedaan maak met ActionSA wat reeds onttrek:
# Die Instituut vir Wêreldhulpbronne sê langer en meer gereelde hittegolwe, ‘n stygende vraag na lugversorging, en wydverspreide siektes word verwag met die huidige vlak van aardverwarming. Die instituut het nagenoeg ‘n duisend groot stede ondersoek om te sien wat kan gebeur indien temperature aanhou styg tot 3 grade Celsius bo voor-industriële vlakke. Volgens die bevindinge sal die impak op hierdie stede en hul 2,1-miljard inwoners rampspoedig wees vergeleke met ‘n scenario waar aardverwarming tot 1,5 grade Celsius beperk word.
# Sokker: Die afrigter van Orlando Pirates, José Riveiro, glo sy span het die diepte om vier wedstryde in twee weke te speel. Die Buccaneers is Saterdag die gashere vir Jwaneng Galaxy van Botswana in die tweede been van hulle kragmeting in die CAF Kampioeneliga in Orlando, nadat hulle die eerste wedstryd met 2-0 gewen het. Pirates speel tuis in die Premierliga teen Polokwane City voor hulle aanstaande Sondag teen Richards Bay in Durban speel. En op 5 Oktober speel die span van Soweto in die eindstryd van die MTN8 teen Stellenbosch FC.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-41-sent teen die euro en 23-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-108-dollar-23-sent. Die prys van goud is twee-duisend-578-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-17-sent per vat.
# Ten slotte: Die Toerisme Sakeraad van Suid-Afrika se derde jaarlikse Toerismeleierskapskonferensie, wat by Sun City in Noordwes gehou is, het die deurslaggewende rol van toerisme in die ekonomie beklemtoon. Die geleentheid, wat saamval met Toerismemaand, het ten doel om sterk gesprekke oor visumbeleide, veiligheid, volhoubaarheid en bemarking te voer. ‘n Belangrike hoogtepunt is die Trevor Noah-toerismeveldtog, wat Suid-Afrika wêreldwyd bevorder. Die land se teiken is 15,6-miljoen toeristeaankomste teen 2030.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….