Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum betwis OKOSA se rassemaatstaf wat Starlink in Suid-Afrika verhinder
# Die Oos-Kaapse premier onderneem optrede teen die afpersingmafia
# En, rugby: Rassie Erasmus wys ‘n groep van 28 spelers aan om na Argentinië te reis
# AfriForum versoek die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika om sy rasgegronde eienaarskapsvereiste te verwyder wat Starlink se satelliet-internetdienste in die land verhinder. AfriForum het reageer op OKOSA se voorgestelde Lisensiëringsraamwerk vir Satellietdienste en sê die kriteria verhinder toegang tot noodsaaklike tegnologieë vir landelike veiligheid. Woordvoerder Ernst van Zyl benadruk Suid-Afrika versuim om hierdie noodsaaklike kommunikasiemiddel vir misdaadvoorkoming te aanvaar:
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, beloof optrede teen die vermeerdering van afpersingmafias wat ondernemings teiken. Misdadige groepe eis toenemend beskermingsgeld wat sommige ondernemings dwing om hulle deure te slut. Volgens Mabuyane verskerp die polisie pogings om hierdie toenemende bedreiging in die kiem te smoor, wat ook skole en ander instellings benadeel. Hy beklemtoon die afpersingkrisis bedreig die plaaslike ekonomie:
# Die mynonderneming Harmony Gold het waterbesparingsprojekte van stapel gestuur om betroubare, drinkbare watervoorsiening vir sy gemeenskappe, bedrywighede en werknemers te verseker. Die belegging, ter waarde van 35,5-miljoen-rand, sluit in die opknapping van drie munisipale watersuiweringsaanlegte in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes, en die oprigting van sy watersuiweringsgeriewe. Hierdie projek het ten doel om rioolsuiwering met 30-miljoen-liter per dag te verbeter, wat ongeveer ‘n miljoen mense bevoordeel. Die uitvoerende hoof van die onderneming, Peter Steenkamp, sê die projek poog ook om plaaslike watergehalte en ekostelsels te verbeter.
# Suid-Afrika se nuwe tabakwetgewing sal streng regulasies instel op damprook, wat dit in ooreenstemming sal bring met sigaretwette. Die voorgestelde Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels sluit in ‘n verbod op vertoon en aanlyn verkope, en vereis gewone verpakking vir sigarette en damprooktoestelle. Swaar strawwe, insluitend tronkstraf, word voorgestel vir oortredings. Die Departement van Gesondheid voer aan terwyl e-sigarette skade verminder, dit steeds skadelik is. Die damprook-bedryf kritiseer hierdie maatreëls en beweer dit is te streng en kan onwettige handel bevorder.
# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het Johan Grobbelaar teruggeroep na sy groep van 28 spelers wat die 21ste in Santiago teen Argentinië speel. Hy bied dekking op haker saam met Malcolm Marx en Jan-Hendrik Wessels, wat ook stut kan speel. Bongi Mbonambi, Frans Malherbe, Pieter-Steph du Toit, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Damian de Allende, Cheslin Kolbe en Willie le Roux kry ‘n welverdiende blaaskans. Lukhanyo Am en Jesse Kriel is die enigste twee spesialis-senters, maar Canan Moodie kan senter, vleuel en heelagter speel. Die groep kom môre saam en vertrek Saterdag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-90-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-877-dollar-23-sent. Die prys van goud is twee-duisend-513-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….