Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ministerie van Openbare Werke bevestig ondersoeke na die ineengestorte gebou in George duur voort
# Tennis: Positiewe skuiwe vir Alexander Zverev en Taylor Fritz op die jongste wêreldranglys
# En die Britse eerste minister en die akteur Idris Elba span saam teen mes-misdaad
# Die adjunkminister van Openbare Werke, Sihle Zikalala, het bevestig ondersoeke duur voort na die ineenstorting van ‘n gebou in George in die Wes-Kaap. Die tragedie in Mei het 34 lewens geëis. Daar was 62 werkers op die bouterrein. Zikalala het aan Newzroom Afrika gesê sy departement hersien die Wysigingswetsontwerp op die Ontwikkelingsraad vir die Boubedryf, terwyl die Ingenieursraad van Suid-Afrika steeds die voorval ondersoek:
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê intussen die ineenstorting van ‘n modderskool in die Oos-Kaap beklemtoon die haglike toestand van Suid-Afrika se verouderende skoolinfrastruktuur. Hy sê die voorval kon voorkom gewees het, met verwysing na die dringende behoefte aan staatsingryping om skole landwyd op te knap en in stand te hou. Makaneta vra ‘n omvattende oudit en langtermynplanne om verbeterings by skole aan te bring:
# Die Europese Unie sê sy bondgenote het intelligensie gedeel oor Iran wat ballistiese missiele aan Rusland verskaf het, en waarsku oor nuwe sanksies teen Teheran indien die bevindings bevestig word. Die EU se woordvoerder, Peter Stano, sê hy kyk in diepte saam met lidlande en indien dit bevestig word, sal dit ‘n wesenlike verergering in Iran se steun vir Rusland se oorlog teen Oekraïne verteenwoordig. Wall Street Journal berig die VSA het sy Europese bondgenote ingelig dat Iran kortafstand ballistiese missiele aan Rusland gelewer het.
# Tennis: Alexander Zverev van Duitsland het Novak Djokovic vervang in die tweede posisie op die jongste wêreldranglys ná die Amerikaanse Ope. Die kampioen, Jannik Sinner van Italië, bly in die boonste plek, en Carlos Alcazaz van Spanje is steeds derde, gevolg deur Djokovic. Die Russe Daniil Medvedev en Andrey Rublev is steeds vyfde en sesde, terwyl Taylor Fritz van Amerika, wat teen Sinner verloor het, met vyf posisies verbeter het tot sewende. Hubert Hurkacz van Pole is agtste, Casper Ruud van Noorweë negende en Grigor Dimitrov van Bulgarye tiende.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 55-duisend-327-dollar-54-sent. Die prys van goud is twee-duisend-504-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-16-sent per vat.
# En ten slotte: Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het vandag ‘n koalisie byeengeroep om te keer dat jongmense in mesmisdaad verval, saam met die akteur en mesmisdaad-kampvegter Idris Elba. Die koalisie sluit gesinne en jongmense in wat geraak is deur mesmisdaad, die algemeenste manier van moord in Engeland en Wallis. Die jaarlikse mesmisdaadvergadering wil begrip van die oorsake van jeugbetrokkenheid by mesmisdaad bevorder. Die regering oorweeg ook die versterking van wette oor die aanlyn verkope van messe, en jongmense se toegang tot die wapens.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….