Nuus 17:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 13 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# LUR Lebogang Maile onthul bevindings oor Nonkwelo Investments se befondsing
# Gevangenisse regoor die Wes-Kaap bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na die uitbreking van witseerkeel
# En, krieket: Indië lyk onstuitbaar voor die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi [KLANK]
# Die Gauteng Partnership Fund se ondersoek het die slaggate en onreëlmatighede in befondsingstoekennings in Nonkwelo Investments, wat aan adjunkpresident Paul Mashatile se skoonseun, Nceba Nonkwelo, behoort, aan die lig gebring. Die LUR vir Menslike Nedersettings, Lebogang Maile, het bevindings voorgelê wat kommer oor projekveranderings en onvoldoende omsigtigheid in die Entrepreneur-bemagtigingsprogram tot gevolg gehad het. Trustees kan aanspreeklik gehou word vir gebrekkige besluite. Die lenings, ter waarde van altesaam 24,9-miljoen-rand vir die oprig van studenteverblyf in Highlands, Johannesburg, wat nooit gerealiseer het nie, word as onreëlmatig beskou. Maile beloof om bestuur te versterk, en die aanbevelings word hersien.
# Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig gevangenisse regoor die Wes-Kaap is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n witseerkeel-uitbreking. ‘n Negentienjarige gevangene is verlede week in die Pollsmoor-gevangenis aan die siekte dood, en agt bykomende positiewe gevalle is nou in afsondering. Die nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, verseker die publiek maatreëls is ingestel en die situasie is onder beheer. Thobakgale sê 243 gevangenes is ingeënt as deel van ‘n voortdurende veldtog om die verspreiding van die siekte te beperk:
Play sound: ENG-ThobakgaleOnDiptheria
# Die Australiese regering beplan om ‘n nasionale verskoning uit te reik oor die Thalidomied-tragedie van die vroeë 1960’s wat tot die dood en misvorming van babas gelei het. Thalidomied was die aktiewe bestanddeel in ‘n kalmeermiddel wat voorgeskryf is aan talle swanger vroue in die land, en ook in die res van die wêreld. Dit het ‘n wêreldwye hersiening van dwelmtoetsregimes veroorsaak nadat die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmadministrasie die enigste instelling was wat geweier het om die middel goed te keur. Thalidomide het na raming 80-duisend ongebore babas se dood veroorsaak sowel as die misvorming van 20-duisend kinders.
# Krieket: Net vier spanne bly oor in die Wêreldbekertoernooi, met die halfeindronde wat Woensdag begin. Die gasheer, Indië, is die enigste span wat die groepwedstryde onoorwonne kon afsluit en hulle kom in die eerste halfeindstryd in Mumbai teen Nieu-Seeland te staan. Die Swart Pette was vierde op die punteleer. Donderdag is dit die twee spanne wat in die tweede en derde plek geëindig het – Suid-Afrika en Australië − wat sal meeding om ʼn plek in Sondag se eindstryd. Indië se veldwerkafrigter, T Dilip, glo hulle het momentum aan hulle kant:
Speel klankgreep: ENG T Dilip
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-97-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 36-duisend-846-dollar-90-sent. Die prys van goud is een-duisend-934-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-52-sent per vat.
# Om mee af te sluit: ʼn Onlangse opname van die Maatskaplike Navorsingstigting toon dat die voormalige president, Thabo Mbeki, die gunsteling politieke figuur in Suid-Afrika is. News24 berig ondanks onlangse kritiek op die ANC, strek Mbeki se gewildheid oor rassegroepe heen, met 57,5 -persent. President Cyril Ramaphosa het 44,4-persent behaal, wat toegeskryf word aan ekonomiese uitdagings en verhoogde korrupsie. Die opname kyk ook na die gewildheid van ander leiers. In die DA word Helen Zille bo John Steenhuisen verkies en in die EFF loop Julius Malema voor. Mmusi Maimane van Build One South Africa en Herman Mashaba van ActionSA is gewild onder wit ondersteuners.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….