Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis dringend duidelikheid oor NERSA se elektrisiteitstarief-metodologie
# Die Italiaanse owerhede ondervra die kaptein van ‘n vergane super-seiljag vir moontlike aanklagte
# En, padwedlope: Die Comrades-marathonvereniging neem standpunt in teen kuberboelies en laster
# Die DA moedig NERSA aan om duidelikheid te gee oor sy elektrisiteitstarief-bepalingsmetodologie. Dit volg nadat NERSA erken het tariefverhogings is gebaseer op ‘n foutiewe vertolking van die wet, wat die elektrisitietsbekostigbaarheids-krisis vererger. Die DA se nasionale woordvoerder oor Elektrisiteit en Energie, Kevin Mileham, sê hy sal druk uitoefen vir ‘n hersiening van elektrisiteitstariewe in die Parlement:
# Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, skryf die vordering in die elektrisiteitsektor in Suid-Afrika toe aan belegging uit die privaat sektor en vennootskappe tussen die regering en die sakewêreld. Sy vra soortgelyk optrede in die logistieke sektor, veral met Transnet, om potensiaal van die privaat sektor te ontsluit. Mavuso wys op die behoefte vir groter visie en vra toegewings in spoorverbindings en hawens, wat mededinging kan aanvuur, asook ekonomiese groei en werkskepping. Sy waarsku egter teen ‘n onduidelike beleidsomgewing vir ondernemings in staatsbesit.
# Die Nasionale Seereddingsinstituut sê ondersoek word ingestel nadat die ontbinde liggaam van ‘n baba op Cliftonstrand in Kaapstad aangetref is. Dit het Saterdag gebeur en gelei tot ‘n vinnige reaksie deur noodddienste. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, sê die liggaam is oorhandig aan die polisie. Hy vra enigeen met inligting om met die polisie in Kampsbaai in verbinding te tree:
# Italiaanse owerhede ondervra die kaptein van die gesonke super-seiljag na verlede Maandag se ramp naby Sicilië. Sewe passasiers het verdrink toe die geankerde seiljag met die Britse vlag, Bayesian, omgeslaan het toe dit ‘n watertuit teëgekom en binne ‘n minuut gesink het. Die kaptein, die 51-jarige James Cutfield, en 14 ander mense aan boord, het oorleef. Cutfield, ‘n gebore Nieu-Seelander, word volgens berigte ondersoek vir moontlike aanklagte van manslag en stranding. Volgens Sky News word ‘n bemanningslid wat aan diens was, moontlik ook ondersoek.
# Padwedlope: Die Comrades-marathonverenging doen stappe teen kuberbullies en laster nadat vier raadslede, onder wie die voorsitter, Mqondisi Ngcobo, bedank het. Die tussentydse voorsitter, Jeff Minnaar, het vandag op ‘n nuuskonferensie in Comrades-huis in Pietermaritzburg moontlike regsoptrede aangekondig teen die oortreders. Hy sê die vereniging wil individue aanspreeklik hou en seker maak raadslede doen die integriteit van die vereniging gestand:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 23-rand-38-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-855-dollar-35-sent. Die prys van goud is twee-duisend-525-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….