Nuus 17:00
BULLETIN 4 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola bevestig ‘n nuwe ambassadeur sal binnekort vir Amerika aangewys word
# Rusland bepleit versigtigheid in die kern-retoriek ná Trump se kommentaar
# En rugby: Die Leeus-senter Bundee Aki het sy kind se geboorte misgeloop om teen die Wallabies te speel
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die afwesigheid van ‘n Suid-Afrikaanse ambassadeur in Washington het geen invloed op die handelsamesprekings met Amerika gehad nie. Hy het gepraat tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Ministerie van Handel, Nywerheid en Mededinging. Lamola het bevestig president Cyril Ramaphosa sal binnekort ‘n nuwe ambassadeur aankondig, maar sê die besluit sal versigtig en sonder invloede van buite geneem word:
# Nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, lei vandag ‘n hoëvlakafvaardiging in Maseru, Lesotho, onder die Nasionale Gesamentlike Optrede en Intelligensiestruktuur om met ‘n afvaardiging van Lesotho se berede polisiediens onder leiding van Borotho Matsoso te vergader. Die vergadering sal kyk na aantygings oor onwettige Basotho militêre opleidingskampe in Suid-Afrika. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê albei hoofde sal ondersoekbevindings voorlê en ‘n gesamentlike verklaring uitreik:
# Rusland bepleit versigtigheid nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het hy gaan twee kernduikbote ontplooi ná ‘n aanlyn geskil met die voormalige Russiese president, Dmitri Medvedev. Trump beskuldig Medvedev van hoogs uitlokkende kommentaar, en sê die duikbote sal in gepaste streke ontplooi word. Hy het nie gesê of dit kernaangedrewe vaartuie of duikbote gelaai met kernwapens sal wees nie. Medvedev, die adjunkvoorsitter van Rusland se Veiligheidsraad, beskuldig Trump dat hy die ultimatum-speletjie speel, en sê Trump moet onthou Rusland is ‘n gedugte mag.
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeu Bundee Aki meen die geboorte van sy vyfde kind was ‘n goeie voorteken vir hulle oorwinning oor die Wallabies in die eerste toets in Brisbane, al het hy dit misgeloop om te kan speel. Die 35-jarige se vrou, Kayla, het in hul geboorteland, Nieu-Seeland, geboorte gegee het net ure voor die toets waarin hy ‘n plaasvervanger was. Die Ierse senter sê nou dat die suksesvolle toer verby is, kan hy nie wag om huis toe te gaan en sy pasgeborene te ontmoet nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-96-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-275-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-375-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-5-sent per vat.
# En laastens, Lightstone sê vroue in Suid-Afrika bevestig toenemend hul finansiële onafhanklikheid en maak beduidende vordering met huis- sowel as en voertuigeienaarskap. Hayley Ivins-Downes van Lightstone sê dit word aangedui in hulle jongste data oor eiendom-, voertuig- en sake-bates. Sy sê Vrouemaand beklemtoon die voortuigang wat vroue in baie sektore gemaak het. Ivins-Downes sê die verhouding van huise wat deur vroue as alleeneienaars besit word in vergelyking met mans of gemende paartjies het van 30-persent in 2014 toegeneem tot 39-persent vanjaar, terwyl eienaarskap van huise deur gemengde paartjies van 39- tot 30-persent gedaal het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….