Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party verwelkom Mzwanele Manyi en Floyd Shivambu van die EFF
# Donald Trump se jongste aansoek vir ‘n nuwe regter in sy swyggeld-strafsaak word van die hand gewys
# En, krieket: Die SA20 begin groot name lok
# Die MK-party het bevestig die voormalige EFF-lede Mzwanele Manyi en Floyd Shivambu het by hom aangesluit. Die party verwelkom hierdie ervare leiers en glo hulle aansluiting sal die progressiewe koukus versterk en sy revolusionêre agenda bevorder. MK se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê rolle sal aan Manyi en Shivambu toegewys word na gelang van hulle kundigheid. Ndhlela versoek partylede om hulle nuwe kamerade te steun om die bevryding van gemarginaliseerde gemeenskappe te bereik.
Die leier van die EFF, Julius Malema, waarsku intussen nog lede kan padgee. Hy sê Shivambu se vertrek kom na elf jaar en hoewel die party se grondwet nie toelaat dat iemand kan terugkeer nie, is Shivambu welkom om terug te keer as hy so sou besluit. Hy het lede aangeraai om verenig te bly en die party gedurende hierdie kritieke tydperk te versterk:
# Die Stad Tshwane sê byna ‘n duisend voertuie is verlede maand weggesleep, wat ‘n bykomende inkomste van twee-miljoen-rand beteken. Die toename in die wegsleep van voertuie dui op verbeterde bedryfsdoeltreffendheid en professionaliteit. Motoriste word aangemoedig om wettig te parkeer om boetes te voorkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê klagtes teen amptenare van die Metropolisie het afgeneem, wat dui op beter aanspreeklikheid:
# Donald Trump se jongste aansoek vir ‘n nuwe regter in sy New Yorkse swyggeld-strafsaak is van die hand gewys. Die saak is nou op pad na ‘n sleutelbeslissing en moontlike vonnisoplegging volgende maand. Regter Juan Merchan sê Trump se eis was ‘n herhaling van onakkuraathede en ongegronde bewerings oor sy onpartydigheid. Dit is die derde keer dat Merchan so ‘n aansoek van die oudpresident se regsverteenwoordigers verwerp. Hulle voer aan die regter het ‘n belangebotsing want sy dogter werk as ‘n politieke raadgewer vir vooraanstaande Demokrate, insluitend Kamala Harris.
# Krieket: Die SA20 lok al meer ster-spelers, met die Johannesburgs-gebore Nieu-Seelandse kolwer Devon Conway wat hom tot volgende jaar se derde seisoen verbind het. Dit volg op die Engelse kaptein, Ben Stokes, se aankondiging dat hy volgende jaar vir M-I Cape Town gaan speel. Conway het glo ‘n informele ooreenkoms met Nieu-Seeland Krieket onderteken, soortgelyk aan dié van kaptein Kane Williamson, wat sal verseker dat hy in die SA20 sal kan speel. ESPNcricinfo berig hy gaan vir Joburg Super Kings speel. Williamson het hom by Durban’s Super Giants aangesluit.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-7-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-981-dollar-90-sent. Die prys van goud is twee-duisend-442-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-57-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….