Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA eis optrede oor die belemmering van NVG-toegang tot die staatskaping-getuienis
# BOSA se leier roskam die polisie vir die onopgeloste misdaadsake in die Oos-Kaap
# En, rugby: Aphelele Fassi verwag Saterdag ‘n reusepoging van die Wallabies
# ActionSA beplan om aan president Cyril Ramaphosa te skryf en optrede te eis teen die Departement van Justisie vir belemmering van die Nasionale Vervolgingsgesag. Volgens berigte is die Ondersoekdirektoraat weens nalatigheid van die departement toegang geweier tot sleutelgetuienis oor staatskaping. Athol Trollip van ActionSA vra Ramaphosa om die instelling van die Wysigingswetsontwerp op die NVG te bespoedig en die NVG se onafhanklikheid en befondsing te verbeter:
# Build One South Africa het die Oos-Kaapse polisie geroskam omdat hy sedert 2018 meer as 165-duisend misdaadsake onopgelos gelaat het. Die party voer aan dit het tot ‘n aansienlike toename in misdaad gelei en gemeenskappe kwesbaar en geterrroriseer gelaat. Hoëprofielsake, insluitend onlangse moorde in Motherwell, is steeds onopgelos en laat talle slagoffers sonder geregtigheid. BOSA se leier, Mmusi Maimane, vra dringende hervorming, insluitend meer werwing en befondsing, die verbetering van forensiese ondersteuning en die digitalisering van rekords om geregtigheid te laat geskied en openbare vertroue te herstel.
# Die DA in Gauteng vra spoedige ondersoeke na die omstandighede rondom die dood van vier leerders in die provinsie. Drie sibbe van Evaton Primary School in Sebokeng is vermoedelik aan voedselvergiftiging dood. ‘n Graad agt-leerder van Tsakane Secondary School in Ekurhuleni is dood nadat sy vermoedelik rottegif ingekry het. Sergio Isa dos Santos van die DA sê die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, moet moeilike vrae oor die tragedies beantwoord:
# Rugby: Aphelele Fassi begin sy vierde toets vir Suid-Afrika op heelagter in Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd teen Australië in Perth. Hy vervang die ervare Willie le Roux in een van die tien veranderings wat die afrigter Rassie Erasmus aangebring het aan die beginspan wat die eerste toets in Brisbane 33-7 gewen het. Fassi het sy debuut vir die Springbokke in 2021 gemaak en 10 punte in sy vorige drie toetse aangeteken. Hy verwag ‘n besondere poging van die Wallabies in die Optus-stadion:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-4-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-741-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-464-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-11-sent per vat.
# En ten slotte: Die voormalige Britse eerste minister, Liz Truss, het van die verhoog gestorm nadat ‘n banier met ‘n kropslaai en die woorde, “I crashed the economy” agter haar verskyn het. Sy het as deel van ‘n boektoer vrae uit die gehoor beantwoord toe die banier uit die plafon neergesak het. Dit het verwys na ‘n kropslaai wat Daily Star gestroom het om te kyk of dit verlep voor haar premierskap eindig. Sy het na 49 dae uit haar pos bedank en die koerant het die kropslaai tot wenner verklaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….