Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA is besorg oor die kritieke werkkrisis
# Transnet voltooi die installering van nuwe kaapstanders by die Durbanse en Kaapstadse hawens
# En, krieket: Nog ‘n veelsydige Engelse speler is beseer voor die toetsreeks teen Sri Lanka
# Build One South Africa beskou die werkkrisis in Suid-Afrika as kritiek en verwys na die Kwartaallikse Arbeidsmagopname vir die tweede kwartaal. Woordvoerder Roger Solomon sê 11,57-miljoen Suid-Afrikaners is werkloos, wat daarop dui byna die helfte van jongmense tussen 15 en 34 het nie werk nie. Hy sê die party se vyfjaarplan is daarop gemik om twee-miljoen nuwe werksgeleenthede te skep:
# Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid het die installering van 37 nuwe kaapstanders by die hawens van Durban en Kaapstad afgehandel. Die maatskappy het 200-miljoen-rand belê om produktiwiteit in sy droogdokke te verbeter. Die opgegradeerde kaapstanders is nou met hidrouliese stelsels toegerus asook mens-masjien-koppelvlakke. Die modernisering het reeds resultate opgelewer met ‘n onlangse nuwe rekord van vyf seevaartuie tegelyk in die Prins Edward-droogdok in Durban. Die opgraderings vorm deel van Transnet se verbintenis om die Operasie Phakisa-program te steun.
# Die vakbondfederasie Cosatu sê hy stem heelhartig saam met die munisipale vakbond Samwu dat die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, Salga, en die Nasionale Tesourie moet ophou om die kollektiewe bedingingsproses te ondermyn. Salga het ‘n verhoging van vier-persent aangebied, maar die vakbond eis agt-persent. Zanele Sabela van Cosatu sê die Tesourie se inmenging by die Bedingingsraad se sake deur die uitreiking van ‘n kennisgewing aan munisipaliteite, is onaanvaarbaar:
# Sierra Leone se president, Julius Maada Bio, vra die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad om te hervorm. Hy pleit as voorsitter van ‘n gesprek oor geskiedkundige onregte, vir permanente lidmaatskap vir Afrika ten einde die raad se doeltreffendheid te verbeter. Bio beklemtoon die behoefte aan groter verteenwoordiging uit Afrika vir die handhawing van internasionale vrede en sekerheid:
# Krieket: Engeland het voor die toetsreeks teen Sri Lanka nog ‘n kopseer bygekry met die veelsydige Chris Woakes wat weens ‘n besering uit The Hundred onttrek het. Sy span, Birmingham Phoenix, sê hy is nie beskikbaar vir die res van vanjaar se kompetisie nie. Dit volg nadat kaptein Ben Stokes Sondag sy been beseer het in dieselfde kompetisie terwyl hy vir Northern Superchargers teen Manchester Originals gespeel het. Hy het vermoedelik sy agterknie-sening seergemaak, maar dis nie seker hoe ernstig dit is nie. Die toetsreeks begin volgende Woensdag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-938-dollar-6-sent. Die prys van goud is twee-duisend-469-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….