Nuus 17:00
BULLETIN 12 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis hernude optrede oor EFF-leiers se beweerde betrokkenheid by die VBS-bankskandaal
# Die minister van Basiese Onderwys beloof ondersteuning aan Carletonville se ongelukslagoffers
# En, fietsry: Roglic onttrek aan die Tour de France
# Die DA vra hernude optrede teen die EFF-leiers, Julius Malema en Floyd Shivambu, oor hulle beweerde betrokkenheid by die VBS-bankskandaal. Adjunkhoofsweep Baxolile Nodada kritiseer die polisie omdat ondersoeke nie opdateer is nadat aanklagte in 2018 ingedien is nie. Nodada het aangekondig die DA verwys die polisie se gebrek aan optrede na die Parlement se portefeuljekomitee op Polisie, en vra die voorstter, Ian Cameron, om hulle te ontbied vir ‘n verduideliking. Hy verwys na die voormalige voorsitter van VBS, Tshifhiwa Matodzi, se getuienis as bewys van Malema en Shivambu se beweerde betrokkenheid by die bankbedrog.
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het ondersteuning beloof vir skole en gesinne wat geraak is deur die ongeluk in Carletonville waarin elf leerders dood is. Ouers identifiseer tans die liggame met DNS-diagnose wat gebruik word vir diegene wat onherkenbaar verbrand is. Gwarube het Rocklands Primary School besoek, wat tien leerders verloor het, en het klem gelê op aandag aan leerdervervoer en -infrastruktuur. Sy het ook gevra vir vinnige ondersoeke na die ongeluk:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê 121 skole het dringend aandag nodig na die erge storms wat die provinsie getref het. Byna 300 skole het skade aangemeld te midde van voortgesette reën en sterk wind. Bronagh Hammond van die departement sê die infrastruktuurspan werk deurlopend om te besluit watter herstelwerk moet voorkeur kry en seker te maak skole kan so gou moontlik weer normaal werk:
# Fietsry: ‘n Voorste aanspraakmaker, Primoz Roglic, het aan die Tour de France onttrek, voor die aanvang van die 13de skof, ‘n dag nadat hy in ‘n ongeluk betrokke was. Roglic het na die algehele sesde plek teruggesak nadat hy in gister se 12de skof geval en met ‘n gekneusde en bebloede skouer klaargemaak het. Die 37-jarige jaer van Slowenië gaan waarskynlik nou sy aandag toespits op die Vuelta a Espana, wat op 17 Augustus begin.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-97-sent teen die dollar, 19-rand-58-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-640-dollar-91-sent. Die prys van goud is een-duisend-401-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-3-sent per vat.
# En ten slotte: Sanlam se 2024 Maatstafnavorsing lig Suid-Afrika se swak ekonomiese vooruitsig uit en die sielkundige las op spaarders. Meer as 60-persent van respondente glo nie die land se uitdagings sal in hulle leeftyd opgelos word nie, met korrupsie wat aangegee word as die hoofoorsaak. Finansiële onsekerheid veroorsaak ook groot kommer, met 54-persent van pensioenarisse wat bekommerd is oor onvoldoende fondse en 80-persent wat finansiële stres ondervind wat hulle geestesgesondheid raak. Die peiling toon ook sterk voorkeur vir stokvelle en verstek-beleggingsoplossings. Sanlam vra beter bestuur en oorsig om vertroue te herstel en finansiële bestendigheid te verseker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….