Nuus 17:00
BULLETIN 3 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Pemmy Majodina se uitspraak-glipsie sorg vir ‘n ligter oomblik in die Parlement
# Giwusa sê die brandstofprysdalings is onvoldoende om langtermynverhogings te verreken
# En, rugby: Jaco Peyper wil respek vir skeidsregters kweek
# President Cyril Ramaphosa se nuwe regering van nasionale eenheid is in Kaapstad ingehuldig. Hoofregter Raymond Zondo het toesig gehou oor die seremonie waar adjunkpresident Paul Mashatile, 32 ministers en 43 adjunkte hul ampseed afgelê het. Tydens die seremonie het die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, se poging om die woord ‘conscientiously’ uit te spreek, ‘n gelag in die Parlement ontketen, tot Zondo haar uiteindelik reggehelp het:
# Giwusa sê hoewel die onlangse brandstofprysdalings tydelike verligting bied, is dit onvoldoende om die langtermyn-neiging van stygende brandstofkostes teë te werk. Die vakbond beweer die verhogings het brandstof baie duur en ontoeganklik gemaak. Hulle vra die nasionalisering van die petrochemiese bedryf om volhoubare en bekostigbare skoon brandstof te verseker. Koketso Phasha van Giwusa het huidige regulasies gekritiseer omdat hulle winste bo openbare welsyn stel:
# Brittanje se politieke leiers het vandag vir oulaas stemme probeer werf op die laaste dag van ‘n veldtog wat na verwagting sal uitloop op ‘n Arbeidersregering nadat die Konserwatiewes 14 jaar aan bewind was. Kiesers stem van môre-oggend af, met peilings wat voorspel die Arbeiders sal hulle eerste algemene verkiesing wen sedert 2005, wat die leier Keir Starmer die eerste minister sal maak. Met die uitkoms sal Brittanje na links swaai, terug na die middelposisie, na amper ‘n dekade en ‘n half van regse Konserwatiewe regerings.
# Rugby: Na 21-jaar as ‘n skeidsregter het Jaco Peyper se uittrede uit rugby net twee weke lank gehou. Hy het verlede jaar die Springbokke tydens die Wêreldbekertoernooi in Frankryk gehelp en is nou voltyds in die nuut-geskepte rol van SA Rugby se nasionale reëlsraadgewer. Peyper gaan hom daarop toespits om voorkombare strafskoppe te verminder. Die 44-jarige sê die rol sal ontwikkel en uitbrei:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-132-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-350-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-30-sent per vat.
# En, SANParke werk saam met verskeie belanghebbers om die kritiek-bedreigde Knysna-sandfynbos te beskerm. Woordvoerder JP Louw sê hulle mik saam met grondeienaars en groepe soos die Westelike Koppe-Goukamma Beskermde Gebied na die bewaring van die oorblywende een-duisend-478-hektaar Knysna-sandfynbos. Dit word bedreig deur ontwikkeling en klimaatsverandering. Die projek, befonds deur die Tafelbergfonds, bevorder toesig oor bioverskeidenheid en die uitroei van indringerplante.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….