Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Politieke ontleder verduidelik die regering werk steeds te midde van die afwagting van die kabinet
# Tshwane kom sy verbintenis na om die muskietbesmetting in Winterveld en Soshanguve uit te roei
# En, rugby: Die beseerde Cameron Hanekom loop die Ierland-reeks waarskynlik mis
# ‘n Politieke ontleder, Mashupye Maserumule, sê ondanks die wag op president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet, gaan Suid-Afrika se regering voort met sy werk. Maserumule sê dit word moontlik gemaak deur direkteur-generaals van departemente wat ‘n foutlose oorgang van openbare dienste verseker. Die sesde administrasie se politieke uitvoerende gesag het verlede Woensdag verstryk toe Ramaphosa ingehuldig is. Maserumule verduidelik hoewel dit nie ideaal is nie, is dit nodig. Die ANC het bevestig tien partye het die voornemeverklaring van die regering van nasionale eenheid onderteken.
# Die Stad Tshwane sê hy het begin met ‘n gefaseerde ingryping om die muskietbesmetting in Winterveld en Soshanguve uit te roei. Die muskietbesmetting het inwoners se lewensgehalte negatief beïnvloed. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê die eerste fase om die besmetting uit te roei, behels die toediening van plaagdoders met hommeltuie in Soshanguve, wat grens aan die Tswaing-krater, waar groot poele stagnante water waargeneem is:
# Die president van Kenia, William Ruto, is gereed om te praat met duisende jongmense wat teen beoogde belastingverhogings betoog het. Die land se wetsontwerp op finansies het al twee keer in die Parlement gedien en sal belasting verhoog terwyl baie mense reeds swaarkry. Ruto het in Nyahururu gesê hy is heeltemal bereid om met jongmense te praat oor ‘n beter nasie:
# Rugby: Cameron Hanekom gaan waarskynlik die geleentheid misloop om sy toetsdebuut te maak wanneer die Springbokke tuis in twee toetswedstryde teen Ierland te staan kom nadat hy ‘n dyspier beseer het tydens die Bulle se VRK-eindstryd. Hy het vroeg in die tweede helfte teen die Glasgow Warriors mank van die veld gekom. Met Jasper Wiese wat vir die reeks geskors is, kon Hanekom sy kans gekry het. Maar dit is onwaarskynlik dat die 22-jarige betyds sal herstel vir die toetse wat op 6 Julie op Loftus Versfeld begin.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-56-sent teen die euro en 23-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-998-dollar-17-sent. Die prys van goud is twee-duisend-326-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-3-sent per vat.
# Ten slotte: Die Stad Kaapstad het verskeie straatplakkate van die Sex Expo verbied nadat bepaal is die kunswerk is te uitlokkend. Die jaarlikse Sex Expo word van Donderdag by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum gehou. Die geleentheid, bekend vir sy speelse en astrante plakkate, het teenkanting van die publiek uitgelok wat tot die verwydering van sekere plakkate gelei het. Soortgelyke besware is verlede jaar geopper wat die verwydering van halfnaak-plakkate genoodsaak het. Die Sex Expo het ‘n ouderdomsbeperking van 18 jaar en duur tot 30 Junie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….