Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa beloof om die Grondwet te verdedig en die demokrasie te beskerm
# Die president sê ook ekonomiese groei en werkskepping is sleutel-voorkeure vir die nuwe administrasie
# En, rugby: Evan Roos verwag ‘n fisiese stryd teen Wallis
# President Cyril Ramaphosa het beloof om Suid-Afrika se Grondwet te verdedig en die demokrasie te beskerm. Hy het tydens sy tweede termyn-intreerede sy verbintenis tot die handhawing van demokratiese beginsels en die versekering van die oppergesag van die reg herhaal. Ramaphosa sê demokratiese instansies moet beskerm word met ‘n kultuur van aanspreeklikheid en deursigtigheid. Hy streef daarna om demokratiese norme te versterk en basiese regte te beskerm:
Ramaphosa voeg by ekonomiese groei en werkskepping is top voorkeure vir sy nuwe administrasie. Hy het tydens sy inhuldigingsrede by die Uniegebou in Pretoria gevra vir eenheid en samewerking ongeag politieke verskille om ongelykheid te pak. Sleutel-fokuspunte sluit in die vermindering van werkloosheid en die verligting van armoede. Ramaphosa sê die regering sal belê in onderwys, gesondheidsorg en maatskaplike samebinding terwyl hy misdaad en korrupsie takel:
# Die Azanian People’s Organisation is diep bekommerd oor die stygende misdaadsyfer wat vandeesweek bevestig is met die ontvoering en eis om ‘n losprys van die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, in Kaapstad. Dit volg op die tragiese moord op die Azapo-leier, Mzimkhulu Nojozi, in die Wes-Kaap. Die woordvoerder van AZAPO, Jabu Rakwena, vra vir militêre ingryping teen onwettige wapens en die stryd teen toenemende misdaad regoor die land:
# Die Helen Suzman-stigting het bekendgemaak die Konstitusionele Hof het die appèl deur die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, teen ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria, van die hand gewys. Die uitspraak was dat die beëindiging van die Zimbabwiese Vrystellingspermit sonder billike raadpleging onwettig is. Die uitvoerende direkteur, Naseema Fakir, sê die uitspraak bevestig Motsoaledi se verpligting om individue wat geraak word se regte in ag te neem en dit onderstreep die belangrikheid van ‘n billike verhoor en rasionele regering in Suid-Afrika.
# Die Springbok-agsteman, Evan Roos, verwag Saterdag ‘n fisiese stryd teen Wallis wanneer die span hulle internasionale seisoen vir 2024 op Twickenham afskop. Dit is Roos se sesde toets. Hy sê die Walliesers het dieselfde houding as die Springbokke in hulle benadering tot toetsrugby. Die Springbokke het gister vir oulaas in Pretoria geoefen met die toergroep van 30 spelers wat deur die afrigter, Rassie Erasmus, aangewys is, wat vanaand na Londen vertrek.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-1-sent teen die dollar, 19-rand-36-sent teen die euro en 22-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-119-dollar-60-sent. Die prys van goud is twee-duisend-328-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….