Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die president se inhuldiging by die Uniegebou is ‘n gewone werksdag
# Die KZN-premier stel ‘n uiteenlopende uitvoerende raad aan
# En, rugby: Pieter-Steph du Toit voer die Bokke aan teen Wallis
# Alles is geeed vir president Cyril Ramaphosa se inhuldiging môre by die Uniegebou in Pretoria. Hierdie seremonie voltooi Ramaphosa se herverkiesing ná parlementêre bevestiging tydens die eerste sitting van die sewende administrasie. Hy het die eerste keer president geword ná oudpresident Jacob Zuma in Februarie 2018 bedank het. Die geleentheid sal ‘n uiteenlopende verskeidenheid Suid-Afrikaanse en internasionale hooggeplaastes lok, met die tema, 30-jaar van demokrasie, vennootskap en groei. Ten spyte van die viering word die publiek herinner môre bly ‘n gewone werksdag.
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, het ‘n uiteenlopende uitvoerende raad aangestel, verteenwoordigend van verskeie politieke partye. Daar is vier lede van die IVP in die raad, drie van die ANC, twee van die DA en een van die NFP. Hierdie uiteenlopende aanstellings sal samewerking en inklusiewe regering tussen partye in die provinsie bevorder. Ntuli het kiesers en politieke bondgenote vir hulle ondersteuning bedank om ‘n regering van provinsiale eenheid tot stand te bring:
# Die Verenigde Nasies sê wêreldwye konflikte het in 2023 drie-keer meer kinders en twee-keer meer vroue se dood veroorsaak as in die vorige jaar. Die Verenigde Nasies se menseregtehoof, Volker Turk, het aan die VN se Menseregteraad in Genève gesê strydende partye oorskry toenemend die grense van wat aanvaarbaar en wettig is. Hy het gesê sy kantoor het data ingesamel wat aandui die aantal burgerlike sterftes in gewapende konflik het verlede jaar met 72-persent gestyg.
# Rugby: Flank Pieter-Steph du Toit voer die Springbokke die tweede keer aan wanneer hulle Saterdag op Twickenham teen Wallis speel. Du Toit is deel van ‘n opwindende lostrio saam met Evan Roos en Kwagga Smith. Jaden Hendrikse maak sy debuut in die groen-en-goud op losskakel met die ervare Faf de Klerk op skrumskakel. Die talentvolle Edwill van der Merwe maak sy eerste verskyning op vleuel met die nuweling-slot, Ben-Jason Dixon, en veelsydige agterspeler, Sacha Feinberg-Mngomezulu, op die plaasvervangersbank.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-8-sent teen die dollar, 19-rand-41-sent teen die euro en 22-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-182-dollar-48-sent. Die prys van goud is twee-duisend-313-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-21-sent per vat.
# En, om mee af te sluit: Die 1000-vrouetrust het ‘n nasionale Van-Omstander-na-Opstander-kompetisie ingestel. Die handelsmerkbestuurder Adrie Jurgensen sê hulle wil leerders in Suid-Afrikaanse skole mobiliseer teen boeliegedrag. Jurgensen sê hulle versprei 20-duisend pamflette in skole met uitnodigings om deel te neem aan die kompetisie en hoe opgetree kan word wanneer kinders in skole afgeknou word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….