Nuus 17:00
BULLETIN 14 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA-leier bevestig Ramaphosa as die presidentskandidaat van die regering van nasionale eenheid
# Mdumiseni Ntuli is aangestel as die ANC se hoofsweep in die sewende Parlement
# En, rugby: Rassie Erasmus sê ‘n oorwinning vir die Bulle oor Leinster sal die Bokke ‘n hupstoot gee voor die toetsreeks teen Ierland
# Die DA-leier, John Steenhuisen, het bevestig die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sal die presidentskandidaat wees vir die regering van nasionale eenheid. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê die land se uitdagings bly ernstig, en hoë werkloosheid, misdaad, infrastruktuur-agteruitgang en endemiese korrupsie uitgelig:
Die ANC het Mdumiseni Ntuli intussen aangestel as sy hoofsweep in die sewende demokratiese Parlement. Die voormalige ANC-verkiesingshoof en KwaZulu-Natalse provinsiale sekretaris, het reeds verskeie leiersrolle beklee, insluitend adjunkhoofsweep in die KwaZulu-Natalse wetgewer. Die ANC sê in ‘n verklaring Ntuli bring uitgebreide ervaring en organisatoriese vaardighede na sy nuwe pos.
# Die voormalige LUR vir Gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, is verkies tot nuwe premier en volg Stanley Mathabatha op. Ramathuba het in haar aanvaardingstoespraak onderneem om verskeie ekonomiese sektore te verbeter en diensleweringsuitdagings aan te pak. Sy het klem gelê op die versekering van veilige water, behoorlike gesondheidsgeriewe, verbeterde onderwys en die beskikbaarheid van elektrisiteit. Ramathuba het ook ‘n beroep gedoen vir samewerking met die EFF om inwoners se lewens te verbeter:
# Kenners sê Gauteng se opbouende waterkrisis is te wyte aan verouderende infrastruktuur en ‘n stygende aanvraag. Dit volg omdat sekere gebiede langdurige watertekorte ondervind, wat vererger is deur swak instandhouding, besoedeling en wanbestuur. WaterCAN berig die helfte van Suid-Afrika se waterstelsels is nie geskik vir menslike gebruik nie, en 70-persent van watersuiweringswerke word wanfunksioneel. Die Suid-Afrikaanse Waterkamer sê die aanvraag bly hoog en die stelsel lek, wat die behoefte aan dringende infrastruktuur-opgraderings en volhoubare waterbestuurspraktyke uitlig. Die krisis het ernstige ekonomiese gevolge vir ondernemings, die landbou en openbare gesondheid.
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo ‘n oorwinning vir die Bulle oor die Ierse span Leinster sal die nasionale span ‘n hupstoot gee voor volgende maand se reeks van twee toetse teen Ierland. Die span van Pretoria verwelkom die oud-Bok-afrigter Jacques Nienaber se span op Loftus vir die halfeindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Erasmus sê hoewel hy gretig is om die Bulle se Bokke in sy kamp te hê vir volgende naweek se toets teen Wallis in Londen, wil hy hulle regtig graag sien deurdring na die eindstryd.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-26-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-79-dollar-2-sent. Die prys van goud is twee-duisend-331-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….