Nuus 17:00
BULLETIN 12 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kosteberaming van KwaZulu-Natalse storms oorskry 1,3-miljard-rand
# Die MK-party in KwaZulu-Natal is gereed vir koalisiegesprekke met die IVP
# En, sokker: Ondersteuners betaal duisende rand om te sien hoe Ronaldo oefen vir Euro 2024
# Die aanvanklike beraming van die koste na die verwoestende storms in KwaZulu-Natal het 1,3-miljard-rand oorskry, met 480-miljoen-rand se skade in die eThekwini-metro. Meer as sewe-duisend huishoudings, 20 skole en belangrike infrastuktuur is geraak. Hulppogings sluit in die aflewering van boumateriaal, mobiele kantore vir die vervanging van identiteitsdokumente, en SASSA-steun met voedselkoopbewyse, matrasse en komberse. Sboniso Mngadi van die provinsiale Departement Samewerkende Regering sê hulle doen vandag ‘n oorsigbesoek:
# Die MK Party van oudpresident Jacob Zuma in KwaZulu-Natal sê hy is gereed vir onderhandelings oor ‘n koalisie-ooreenkoms met die Inkatha Vryheidsparty. Die sekretaris-generaal van MK, Sihle Ngubane, het verwys na gedeelde politieke ideologieë en belange tussen die MK Party en die IVP in die provinsie. Intussen het die DA se leier in KZN, Francois Rodgers, gesê die DA wag op nasionale leierskapsvoorskrifte voordat hy by enige koalisiebesprekings betrokke raak.
# # ‘n Sewentigjarige man het uit ‘n bewegende voertuig gespring om van ‘n bende te vlug wat sy plaas in Noordwes aangeval het. Die voorval het begin toe vier aanvallers sy 60-jarige vrou op die plaas buite Swartruggens vermoor het. Hulle het die huis geplunder, die man ontvoer en gesteelde goedere in twee voertuie gelaai. Die man het ná sy ontsnapping nabygeleë boere gewaarsku, wat gelei het tot die inhegtenisneming van ‘n 34-jarige vrou vir die besit van gesteelde eiendom. Sy sal Vrydag in die Landdroshof in Swartruggens verskyn. Die soektog na die moordenaars duur voort.
# Sokker: Ondersteuners het duisende rand betaal vir ‘n kaartjie om Vrydag te sien hoe die kaptein van Portugal, Cristiano Ronaldo, oefen vir Euro 2024. Die span is tans vir die toernooi in Wesfale, Duitsland, gebaseer waar hulle in dieselfde groep as die Tsjeggiese Republiek, Turkye en Georgiё speel. Die sesduisend gratis kaartjies vir die oefening is binne minute opgeraap, waarna kaartjies vir tot 16-duisend-rand elk te koop aangebied word. Die 39-jarige Ronaldo speel in sy sesde toernooi sedert sy debuut in 2004.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-47-sent teen die dollar, 20-rand teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-323-dollar-74-sent. Die prys van goud is twee-duisend-338-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-15-sent per vat.
# En die hoof van die Valke in die Vrystaat, Mokgadi Bokaba, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om aan te hou streef na maatskaplike geregtigheid deur kinderregte te beskerm. Die Wêrelddag Teen Kinderarbeid word vandag herdenk. Bokaba het die publiek gevra om kinderarbeid en ander vorms van uitbuiting te identifiseer, veral in hul gemeenskappe. Die Valke se woordvoerder, Christopher Singo, sê hulle sal voortgaan om skole te besoek om bewusmaking rondom kinderhandel en verwante misdade te verhoog:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….