Nuus 17:00
BULLETIN 3 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AZAPO sê die lae opkoms by stembusse is ‘n verset teen die politieke stelsel
# Premier Panyaza Lesufi is bereid om steeds Gauteng te dien
# En, Tennis: Rybakina, Paolini kom teen mekaar te staan in die Franse Ope-kwarteind
# Die Azanian People’s Organisation sê die lae stempersentasie in vanjaar se verkiesing is nog ‘n teken dat landsburgers teen die politieke bestel gekant is. Net meer as 16-miljoen Suid-Afrikaners het hul kruisie gaan trek, wat neerkom op 58,61-persent van geregistreerde kiesers. Dis heelwat laer as in 2019 se verkiesing waar 66,05-persent gaan stem het. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê dit stuur ʼn sterk boodskap aan die regerende elite dat die mag van die burgers nooit ondermyn moet word nie:
Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, is intussen bereid om voort te gaan om sy provinsie te dien. Hy het die belangrikheid van koalisiegesprekke beklemtoon nadat die ANC se steun in die provinsie tot 35-persent gedaal het. Lesufi sê ondanks sy poging om die provinsie vir minder as twee-jaar te lei, het hy probeer om ontwikkeling, misdaadvermindering en netheid belangriker as politieke posisies te ag. Hy beklemtoon hoe belangrik dit is om alliansievennote te vind met ‘n gedeelde visie vir vooruitgang en mededingendheid. Lesufi sê hy wil die openbare belang dien.
# RISE Mzansi het ‘n beroep gedoen vir voldoende hulpbronne om meer as een-duisend-400 mense by te staan wat geraak is deur vloede in Gqeberha en Kariega in die Nelson Mandelabaai-metro. Die party het medelye uitgespreek met die gesinne van die sewe mense wat dood is. Die woordvoerder, Gugu Ndima, het die nasionale regering aangemoedig om voldoende humanitêre ondersteuning aan ontwortelde gesinne te verskaf:
# Tennis: Die vierde gekeurde Elena Rybakina het Elina Svitolina oorrompel met ‘n skoon-stel sege om die Franse Ope se kwarteindronde die tweede keer te haal. Die voormalige Wimbledon-kampioen van Kazakstan het die speler van Ukraïne binne 69-minute op die Philippe Chatrier-baan verslaan met 6-4, 6-3. Jasmine Paolini van Italië het haar eerste Grand Slam-kwarteindstryd gehaal met ‘n oorwinning van 4-6, 6-stroop, 6-1 oor die ongekeurde Rus Elina Avanesyan. Paolini pak Rybakina in die kwarteindronde.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-562-dollar-12-sent. Die prys van goud is twee-duisend-333-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-57-sent per vat.
# En, ‘n studie in 16 lande in Afrika suid van die Sahara toon hoër tabakbelasting kan rook onder jongmense aansienlik verlaag. Navorsers het bevind ‘n tien-persent styging in sigaretpryse kan rook onder die jeug met 11,5-persent tot 14,6-persent verminder, met meer as die helfte wat heeltemal sal ophou. Volgens die studie is jongmense meer geneig om te rook as hulle ouers dit doen. Die navorsers moedig Afrika-regerings aan om tabakbelasting te verhoog en vol te hou om openbare gesondheid te verbeter.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….