Nuus 17:00
BULLETIN 24 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa bepleit die privaat sektor se samewerking vir werkskepping
# SAOG humanitêre agentskappe is bekommerd oor die toenemende vraag na bystand weens die voortslepende droogte
# En rugby: Die Leeus glo hul skrums kan ‘n dubbele oorwinning verseker oor Ierse spanne
# President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen vir samewerking van maatskaplike vennote en die privaat sektor om werksgeleenthede vir Suid-Afrika se jeug, vroue en persone met gestremdhede te skep. Ramaphosa het tydens die 20ste herdenking van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram op die Buffalo City-stadion in die Oos-Kaap, die belangrikheid van openbare en maatskaplike indiensnemingsprogramme en die ondersteuning van klein ondernemings en koöperasies beklemtoon. Hy sê die program is vir almal:
# Build One South Africa het ‘n alliansie met sewe partye aangekondig vir die komende nasionale en provinsiale verkiesing. Die alliansie het ten doel om verskeie gemeenskapsgebaseerde organisasies te verenig onder die BOSA-vaandel, om die regering uit te daag. Lede van die alliansie, insluitend die Mopani Independent Movement, Lentswe La Batho, en die Abantu Integrity Movement, het onderneem om eksklusief by BOSA te staan. Hulle beloof om meritokrasie te herstel, die grondwet te beskerm en hulpbronne te deel. Die alliansie sal ook lede in die plaaslike regeringsverkiesing in 2026 ondersteun.
# Humanitêre agentskappe in Suider-Afrika is bekommerd oor miljoene mense wat reusevoedseltekorte ondervind weens die voortslepende droogte. Malawi, Zimbabwe, Mosambiek en Zambië word erg geraak, met mislukte oeste wat daartoe gelei het dat ‘n ramptoestand verklaar is. In Zambië word die krisis vererger deur voedselinflasie wat volgens berigte tot 45-persent gestyg het. Care Zambia se plaaslike direkteur, Chikwe Mbweeda, sê vroue en meisies ly die ergste onder die krisis:
# Rugby: Die Leeus sal probeer om hul indrukwekkende oorwinning oor Leinster op te volg deur Saterdag nóg ‘n Ierse reus op Ellispark te klop. Hulle sal Munster aandurf, wat hul status as verdedigende kampioen van die Verenigde Rugbykampioenskap bevestig het met ‘n groot oorwinning teen die Bulle op Loftus. Die skrum het ‘n kragtige wapen geword terwyl die Leeus inspirasie put uit die Springbokke se sogenaamde ‘bomb squad’. Die skrumafrigter, Julian Redelinghuys, is tevrede met die diepte onder die voorspelers:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-21-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-980-dollar-33-sent. Die prys van goud is twee-duisend-320-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-96-sent per vat.
# En, laastens: Verskeie mense is beseer toe militêre perde in die Londense middestad op loop gegaan het. Die Britse Leër sê die diere het losgekom tydens ‘n roetine-oefening in die hoofstad, met berigte dat hulle moontlik gesteur is deur die geraas van bouers wat bourommel verskuif het. ’n Wit perd wat erg bebloed was, is opgemerk, asook ’n ruiter wat van een van die perde afgeslinger is. Sommige van die perde het blykbaar ook teen voertuie vasgehardloop. Al die diere is later opgespoor en na hul kamp teruggeneem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….