Nuus 17:00
BULLETIN 23 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Brandstof-kleinhandelaarsvereniging verwelkom die Appèlhof se uitspraak oor kleinhandelslisensies
# Die Vereniging vir Staatsamptenare vra laer rentekoerse
# En, sokker: Arsenal is vasberade om in die Premierskaps-titelstryd te bly
# Die Brandstof-kleinhandelaarsvereniging loof die Appèlhof se uitspraak wat nuwe brandstof-kleinhandelslisensies opskort totdat die minister van Energie die bestaande lisensie-uitdagings opgelos het. Die uitvoerende hoof, Reggie Sibiya, wys op die uitgerekte appèlproses, gemik op die beskerming van kleinhandelaars se lewensvatbaarheid. Die uitspaak wil die vermeerdering van vulstasies keer in ooreenstemming met die Wet op Petroleumprodukte. Die vereniging vra voldoening aan wetlike tydskale en bedryfshersiening. Die Departement van Minerale Bronne en Energie moet nog kommentaar lewer.
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om rentekoerse te verlaag weens die finansiële druk op burgers, veral staatsamptenare. Die vereniging benadruk die behoefte aan die verligting van finansiële druk en wys op die rol van staatsamptenare in die samelewing. Die VSA meen die verlaging van koerse sal help met ekonomiese herstel, onmiddellike verligting bring en dit makliker maak om die afbetaling van skuld te bestuur. Hy glo die huidige inflasievooruitsig laat koersverlagings toe, sonder die risiko van inflasiedruk, en steun besteding, belegging en werkskepping.
# Die DA het onthul die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Gauteng het verlede jaar 210,7-miljoen-rand se uitstaande betalings aan 357 verskaffers laat ophoop. Meer as die helfte van die rekeninge is meer as twee maande agterstallig en meer as ‘n vyfde langer as vier maande. Michele Clarke van die DA sê dit is skokkend, veral omdat Baragwanath die grootste hospitaal in Afrika is en meer as 1,5-miljoen mense in die groter Soweto-gebied bedien:
# Brittanje is gereed om migrante binne dae te begin aanhou vir deportasie na Rwanda nadat die Parlement die omstrede plan goedgekeur het. Dit het woede ontlok by die Verenigde Nasies en menseregtegroepe. Die wetgewing is ‘n vlagskipbeleid van die Konserwatiewe regering en wil onreëlmatige migrasie oor die Engelse Kanaal uit die noorde van Frankryk keer. Die finale stuikelblok is verwyder na gisternag se marathon parlementêre toutrekkery. Volgens die skema sal ongedokumenteerde asielsoekers wat in Brittaje aankom na Rwanda gestuur word, waar hulle asielaansprake ondersoek sal word. As dit goedgekeur word, kan hulle in Rwanda bly.
# Sokker: Die stryd tussen drie spanne in die Engelse Prelierliga woed voort. Arsenal is volgens doelverskil voor Liverpool, met Manchester City een punt agter hulle. Maar City, die verdedigende kampioen, het nog ‘n wedstryd oor. Arsenal is volgende aan die beurt wanneer hulle vanaand hulle Londense teenstanders, Chelsea, verwelkom. Die bestuurder Mikel Arteta sê hulle is vasberade om deel van die stryd te bly:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-21-sent teen die dollar, 20-rand-49-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-163-dollar-65-sent. Die prys van goud is twee-duisend-310-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….