Nuus 17:00
BULLETIN 3 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ACDP vra die regering om bande met die VSA te herstel en toegang tot AGOA te red
# Die veiligheidsontplooiing vir die verkiesing lei tot die arres van ‘n gesoekte bendelid in Kaapstad
# En, rugby: Rassie Erasmus hoop om nuwelinge ‘n speelkans te gee in Europa
# Die ACDP sê die verlies van Suid-Afrika se handelsvoordele ingevolge die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika kan die ekonomiese krisis vererger. Hy waarsku die verlies aan Amerikaanse handelsvoordele kan werkloosheid en armoede vererger, en sê die gespanne verhouding met Amerika is weens die regering se buitelandse beleid. Woordvoerder Wayne Thring vra dringende diplomatieke gesprekke met Washington om uitstaande kwessies op te los en Suid-Afrika se toegang tot die Amerikaanse mark te beveilig:
# Die Wes-Kaapse polisie het ‘n gesoekte bendelid in hegtenis geneem ná ‘n skietery met lede van die teen-bende-eenheid in Manenberg. Die verdagte het op beamptes losgebrand toe hy hulle opmerk. Die beamptes is ontplooi as deel van veiligheidsmaatreëls vir die munisipale verkiesing. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die verdagte sal na verwagting teregstaan op aanklagte van poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen:
ENG PotelwaOnGangMember
# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, verwelkom die herstelwerk aan die Bronkhorstspruit-waterbehandelingsaanleg. Moya vra inwoners egter om nie water vanaf die aanleg te drink voor dit veilig verklaar is nie. Sy sê die herstelwerk vorder goed nadat besoedeling en dekades van verwaarlosing aan die lig gekom het. Moya bevestig lae vlakke van E. coli is in die water aangetref en sê die watervoorsiening sal geleidelik herstel word sodra die vereiste veiligheidstandaarde nagekom is:
# ‘n Indiese toeris is dood en drie mense beseer toe twee helikopters gebots het tydens landing in die Everest-streek in Nepal. Die ongeluk het plaasgevind naby die gewilde stilhouplek Pheriche op die roete na Everest se basiskamp, op ‘n hoogte van meer as vier-duisend-300-meter. Onder die beseerdes is ‘n passasier van Nieu-Seeland en albei vlieëniers. Die oorsaak van die botsing word ondersoek. Die ongeluk het midde in die spitsseisoen vir staptogte in Nepal gebeur. Helikopters word gereeld gebruik om stappers te vervoer en bergreddings-operasies uit te voer.
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus hoop om al die nuwelinge in die groep speelkans te gee tydens die Nasieskampioenskap in Europa. Hy het ’n ervare span aangewys vir Saterdag se openingswedstryd teen Italië in Turyn. Nie een van die ses nuwelinge is gekies vir wat beskou word as moontlik die maklikste toerwedstryd nie. Erasmus sê die nuwelinge sal blootgestel word aan die strukture en hul vordering sal gemonitor word, en hulle sal hopelik die kans kry om te wys waartoe hulle op die hoogste vlak in staat is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-64-sent teen die dollar, 18-rand-60-sent teen die euro en 22-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-247-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-936-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 109-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….