Nuus 17:00
BULLETIN 18 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika verloor 20-persent van sy dollar-miljoenêrs weens logistieke kwessies en misdaad
# Ingrypings om groei te bevorder spaar die Wes-Kaapse ekonomie 2,4-miljard-rand
# En, motorsport: Leclerc sê Ferrari sal in China beter kan meeding met Red Bull
# Die aantal miljoenêrs in Afrika het die afgelope dekade met byna 20-duisend afgeneem weens wisselkoers-waardevermindering en ekonomiese uitdagings. Net 135-duisend-200 mense se rykdom oorskry nou een-miljoen-dollar. Suid-Afrika, wat die tuiste van die meeste ryk mense in Afrika is, het die afgelope dekade 20-persent van sy dollar-miljoenêrs verloor weens logistieke uitdagings en misdaad. Henley & Partners berig egter Afrika se miljoenêrbevolking sal in die komende dekade met 65-persent toeneem, aangevuur deur groei in lande soos Mauritius en Namibië.
# Die Wes-Kaapse regering sê hy is vasbeslote om dit vir die privaat sektor so maklik moontlik te maak om in die provinsie sake te doen en werk te skep. Die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het tussen Maart 2019 en Maart verlede jaar die provinsiale regering 2,4-miljard-rand gespaar deur sy Rompslomp-verminderingseenheid. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die vermindering van rompslomp maak dit makliker om in die provinsie te belê:
# Indië maak gereed vir die wêreld se grootste demokratiese verkiesing wat môre begin. Byna 970-miljoen kiesers sal aan die langste en duurste verkiesing in die geskiedenis deelneem. Dit sal oor sewe fases en ses weke strek, met die uitslae wat op 4 Junie aangekondig word. Twee-duisend-500 politieke partye sal na verwagting 266-miljard-rand aan veldtogte bestee, met die Verkiesingskommissie wat 15-miljoen veiligheidspersoneellede en stembeamptes ontplooi het. Die opposisieleier, Rahul Gandhi, het die verkiesing gekritiseer as die mees skaamtelose een in Indiese geskiedenis:
# Motorsport: Charles Leclerc sê Ferrari sal tydens die naweek se Chinese Grand Prixbeter met Red Bull meeding, maar hy verwag nogtans sy geveg sal wees vir mindere plekke op die podium. Formule Een is die eerste keer in vyf jaar terug in China met ‘n volgepakte program, wat Saterdag se snelren insluit. Max Verstappen en Sergio Perez van Red Bull het twee weke gelede in Japan oorheers en die eerste twee plekke ingeneem, gevolg deur die Ferrari’s van Carlos Sainz en Leclerc. McLaren se nuweling, Oscar Piastri, verwag sy span gaan sukkel:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-7-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-281-dollar-16-sent. Die prys van goud is twee-duisend-384-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-52-sent per vat.
# En, die Hou Pietermaritzburg Skoon-aksiegroep het die Olifantbank-projek bekendgestel. Dit behels dat ‘n olifant uit herwinbare materiaal gemaak en vriende, familie, die gemeenskap of skole dan genooi word om sy pens met ʼn 20-rand-noot of leë blikkies te vul. Die groep se uitvoerende direkteur, Lara Edmonds, sê die fondse wat hulle insamel, sal gebruik word om Pietermaritzburg skoon, netjies, mooi en groen te maak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….