Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika loof die Menseregteraad se besluit oor Palestynse gebiede
# Die MK-party voer aan die OVK het sy jurisdiksie oorskry in Zuma se diskwalifikasie om aan die verkiesing deel te neem
# En, tennis: Novak Djokovic steek Roger Federer verby as die oudste wêreld nommer een
# Suid-Afrika het die Menseregteraad se aanvaarding van ‘n resolusie geloof wat aandag gee aan die menseregteposisie in die besette Palestynse gebiede, wat Oos-Jerusalem insluit. Die mylpaal is die raad se eerste reaksie op die krisis in Gaza. Hy erken die belangrikheid van die Internasionale Geregshof se voorlopige maatreëls in Suid-Afrika se volksmoord-saak teen Israel en vra ‘n onmiddelike skietstilstand. Die besluit onderstreep die behoefte aan aanspreeklikheid en vervolging van die oortreders van internasionmale humanitêre en menseregtewette, en die voorkoming van toekomstige verbrekings en internasionale misdade.
# Die uMkhonto we Sizwe-party voer aan die Verkiesingskommissie het nie die gesag gehad om oudpresident Jacob Zuma as ’n kandidaat van vanjaar se verkiesing uit te sluit nie. Die party wil hê die Verkiesingshof moet die besluit van die OVK omkeer om Zuma weens ‘n misdaadrekord te verbied om aan die verkiesing deel te neem. Die party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, voer aan die OVK het sy magte oorskry met Zuma se diskwalifisering:
# Eskom in die Wes-Kaap raai kliënte wat geraak word aan om geduldig te wees te midde van kragonderbrekings wat veroorsaak word deur die gure weersomstandighede. Die provinsiale woordvoerder, Kyle Cookson, noem strukturele skade aan dele van die netwerk. Cookson waarsku oor voorgesette uitdagings met herstelpogings te midde van stormsterk wind en swaar reën, wat groot agterstande veroorsaak. Hy waarsku inwoners om voor te berei op lang tye sonder krag:
# Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die tweepot-aftreestelsel kan Suid-Afrikaners help om die lewenskoste te bestuur. Hy glo ondanks kommer kan die stelsel baie skuldverligting bied vir sukkelende werkers. Hy sê die stelsel is buigsaam en gee werkers talle moontlikhede:
# Tennis: Novak Djokovic is nou amptelik die wêreld se oudste nommer een op 36-jaar en 322-dae, wat Roger Federer van Switserland se rekord oortref. Die Serwiër het die posisie die eerste keer bereik in Julie 2011 toe hy 24 was. Federer het die eerste keer nommer een geword in Februarie 2004, toe hy 22 was. Die derde lid van die Groot Drie, Rafael Nadal van Spanje, was ook 22 toe hy in Augustus 2008 die topposisie bereik het. Djokovic speel dié week in die Monte Carlo-meesters, terwyl Nadal beseer is en Federer uitgetree het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-15-sent teen die euro en 23-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-535-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-336-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 90-dollar-41-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….