Nuus 16:00
BULLETIN 3 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n ANC-raadslid is by sy huis in Nkomazi, Mpumalanga, doodgeskiet
# Die saak teen ‘n senior MK-partylid word oorgeplaas na die Streekhof in Durban
# En, Statebondspele: Singapoer verwerp ook die geleentheid om die gasheer te wees
# ‘n ANC-raadslid in die Nkomazi Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga is doodgeskiet. Thabo Ngwenya is in sy huis in Mangweni geskiet. Die polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê vier aanvallers het die 35-jarige aangeval en twee keer geskiet. Die aanvallers het op die vlug geslaan met Ngwenya se motor en selfone. Mdhluli sê ‘n moord- en roofsaak is geopen, maar die motief bly onduidelik. Daar is ook met ‘n 72-uur-plan begin om die oortreders in hegtenis te neem.
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak teen die senior uMkhonto we Sizwe-partylid, Visvin Reddy, wat van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste aangekla word, is na die Streekhof in Durban oorgeplaas. Hy het met moontlike burgerlike onrus gedreig indien die party nie op die stembrief vir die algemene verkiesing in Mei gelys word nie. Die NVG se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê Reddy het vandag in die Landdroshof in Chatsworth verskyn omdat hy na bewering openbare geweld aangehits het:
# Rusland se weermag sê daar is ‘n toename in mense wat aansluit om in Oekraïne te veg sedert verlede maand se dodelike terreuraanval op ‘n konsertsaal in Moskou. Die militantegroep Islamitiese Staat het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval waarin meer as 140 mense dood is. President Vladimir Putin hou van toe af vol Oekraïne het ‘n rol gespeel in die aanval, sonder om bewyse te gee. Die ministerie van Verdediging sê meer as 100-duisend mense het tot dusver in 2024 vrywillig aangesluit, wat 16-duisend insluit in die tien dae na die aanval.
# Statebondspele: Singapoer het net soos Maleisië besluit om nie 2026 se Statebondspele aan te bied nie, wat die toekoms van die multisport-byeenkoms verder in twyfel trek. Die Statebondspele-federasie het geskarrel om ‘n nuwe gasheer te vind nadat die Australiese deelstaat Victoria verlede jaar onttrek het weens die koste. Maleisië het na vore getree as ‘n moontlike plaasvervanger, maar het die geleentheid ook weens koste van die hand gewys. Singapoer het geen rede vir sy besluit gegee nie. Die Engelse stad Birmingham het die vorige Spele in 2022 aangebied.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-79-sent teen die dollar, 20-rand-26-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-172-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-271-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-71-sent per vat.
# En, die Vereniging van Staatsamptenare moedig staatsdepartemente aan om meer buigbare werksreëlings aan te neem, veral afstandswerk. Hy noem die sukses van afstandswerk tydens die pandemie en wys op die voordele van sulke reëlings, wat insluit verbeterde produktiwiteit, werknemer-welstand en kostebesparing. Reuben Maleka van die VSA moedig departemente aan om met werknemers en vakbonde te praat om ‘n volledige afstandswerk-beleid te ontwikkel wat werkerswelstand en die lewering van gehaltediens voorop stel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….