Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC is daartoe verbind om die oppergesag van die reg te handhaaf ná die hofuitspraak teen Mapisa-Nqakula
# Kenners is bekommerd oor Eskom se kragtariefverhoging
# En, krieket: Stokes sal nie vir die verdedigende kampioen Engeland in die T20-Wêreldbekertoernooi speel nie
# Die ANC het sy verbintenis om die oppergesag van die reg te handhaaf herhaal ná die Hooggeregshof in Pretoria se besluit om die saak tussen die Nasionale Vervolgingsgesag en die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, van die hofrol te skrap. Die party bevestig sy toewyding om regsprosesse te respekteer en sal sy integriteit en opsystaan-beleid afdwing om sy integriteit te bewaar. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die party is daartoe verbind om die regstelsel toe te laat om onafhanklik te funksioneer:
# Kenners is besorg oor Eskom se tariefverhoging van 12,74-persent vir die 2024/25-boekjaar. Die energie-ontleder, Adil Nchabeleng, waarsku die verhoging kan ook ontevredenheid aanwakker voor die verkiesing. Eskom het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika verlede jaar genader om sy aansoek om die kleinhandeltarief en strukturele aanpassings goed te keur wat daarop gemik is om sy finansiële status te versterk. Nchabeleng waarsku die verhoging sal die finansiële druk op verbruikers verhoog:
# Die Universiteit van die Wes-Kaap se raad sê hy glo om in solidariteit met Palestyne te staan en vir vrede te pleit, dra by tot ‘n meer regverdige en billike samelewing. Die besluit weerspieël die universiteit se morele waardes, etiese verbintenisse en opvoedkundige beginsels. Die UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die universiteitsgemeenskap streef daarna om die post-apartheid visie te handhaaf en ‘n betekenisvolle uitwerking te hê in die strewe na vrede en geregtigheid vir almal:
# Krieket: Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, is nie beskikbaar vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat in Junie in die Wes-Indiese Eilande en Amerika begin nie. Hy is tans ten volle daarop toegespits om boul-fiks te raak om in alle formate as veelsydige speler ingespan te word. Volgens Stokes sal die feit dat hy die Wêreldbeker en die Indiese Premierliga misloop, hom help om sy doel te bereik. Hy het onlangs ‘n knie-operasie ondergaan en het net vyf boulbeurte afgestuur in die toetsreeks teen Indië. Engeland het die vorige Wêreldbekertoernooi in 2022 in Australië gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-83-sent teen die dollar, 20-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-802-dollar-39-sent. Die prys van goud is twee-duisend-257-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 88-dollar-56-sent per vat.
# Om mee af te sluit: ‘n Revolusionêre taxigroep van Kaapstad, The Green Cab, beplan om die volgende vyf jaar 230 elektriese voertuie te ontplooi, namate die groep hulle konvensionele vloot uitfaseer. Die maatskappy behoort aan vier vroue. Die bestuurshoof, Amiene van der Merwe, sê The Green Cab sal 60 van die voertuie besit en bestuur, terwyl vroue-franchise-eienaars die oorblywende 70 sal besit en bedryf. Studies het bevind elektriese voertuie kan aardverwarmingspotensiaal met 20- tot 24-persent verlaag vergeleke met binnebrand-voertuie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….