Nuus 16:00
BULLETIN 15 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Dieseltekorte kan tot volgende jaar voortduur
# Mbalula vra ‘n hersiening van die DA se rol in die RNE ná die Konstitusionele Hof-oorwinning
# En rugby: Die Kampioenebeker gebruik ‘n nuwe bonuspuntreël
# Die Internasionale Energie-agentskap waarsku die dieselskaarste kan tot volgende jaar voortduur namate konflik in die Midde-Ooste en Rusland voorraad ontwrig. Dieselpryse het skerp gestyg, wat vervoerkoste verhoog en ondernemings en verbruikers onder druk plaas. Hoewel raffinaderye na verwagting produksie sal verhoog, sê die agentskap dit sal nie voldoende wees om die huidige tekorte aan te vul nie. Lande stel nood-oliereserwes beskikbaar in ‘n poging om pryse te versag, maar dalende voorraadvlakke kan in die komende maande tot verdere voorsieningsprobleme lei.
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan. Mbalula beklemtoon niks verplig die ANC om vir ‘n onbepaalde tyd saam met die DA in die regering te bly nie:
Nuus uit die buiteland:
# Die Indonesiese president, Prabowo Subianto, het die hoof van die land se agentskap vir rampvoorkoming en -hantering vervang terwyl veldbrande vererger. Die Leër-generaal Kristomei Sianturi neem oor by TNI Suharyanto, wat sedert 2021 hoof was. Die agentskap help om bos- en moerasbrande in Sumatra en Kalimantan te bestry, waar rook wyd voorkom. Die leierskapsverandering volg nadat vyf mense aangekeer is tydens ‘n korrupsie-ondersoek na verkrygingsprosesse, insluitend Suharyanto se jonger broer. Daar is egter geen bewyse dat die leierskaps-verandering regstreeks verband hou met die ondersoek nie.
# Rugby: ‘n Nuwe reël in die Kampioenebeker beteken ‘n aanvalsbonuspunt word slegs verdien as ‘n span drie of meer drieë meer as sy teenstander druk. Voorheen is dit toegeken vir die druk van vier of meer drieë. Die beheerliggaam hoop dit sal spanne aanmoedig om vir die volle 80 minute hoë standaarde te handhaaf. Die Stormers speel hierdie naweek in die openingsronde in Kaapstad teen die Bristol Bears, die Bulle kom op Loftus teen Stade Français te staan, en die Leeus speel teen La Rochelle in Frankryk.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-56-sent teen die dollar, 18-rand-55-sent teen die euro en 21-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-976-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-152-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 106-dollar-43-sent per vat.
# En ten slotte: Die Verenigde Nasies sê die getal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. ‘n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur van die VN se Ontwikkelingsprogram, Alexander de Croo, sê Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië dra die grootste las van armoede en ontbering:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….