Nuus 16:00
BULLETIN 11 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC bevestig net ses van sy 20 lede wat by staatskaping betrek word is op sy kandidatelys
# Transnet se Nasionale Hawe-owerheid belê in pad-rehabilitasie by die Durbanse hawe
# En, tennis: Djokovic speel vir ‘n plek onder die laaste 16 in Kalifornië
# Die ANC sê sy kandidatelys vir die verkiesing sluit net ses uit 20 lede in wat betrek word by die staatskapingskommissie se verslag. Die party sê dit toon ‘n duidelike poging om hom te distansieer van omstredenheid van die verlede en te hou by die doelwit van hernuwing en aanspreeklikheid. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het aan die media gesê die party se besluit om die lede wat die meeste by staatskaping betrek word uit te sluit, verteenwoordig ‘n strategiese skuif in die herbou van die publiek se vertroue en geloofwaardigheid:
# Transnet se Nasionale Hawe-owerheid ken 233-miljoen-rand toe aan die rehabilitasie van sleutel-padinfrastruktuur by die Durbanse hawe. Die Suidelike Padnetwerk hanteer 60-persent van Suid-Afrika se houervolume, en die toestroming van vragmotors oor die jare het gelei tot die agteruitgang van die oorhoofse padinfrastruktuur. Die owerheid mik na die verbetering van bedryfs-doeltreffendheid en verkeersvloei deur voorkeur te gee aan herstelwerk by kriteke houerhanteerder-persele, en konsentreer op strukturele en funksionele skade oor ‘n twee-jaar projektydperk.
# Wes-Kaapse ouers word versoek om aanlyn aansoek te doen vir graad 1- en 8-leerders vir die 2025 akademiese jaar. Die aansoekproses het vandag begin, met sewe-duisend-875 aansoeke wat ontvang is. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê opwip-toelatingsplekke is ook beskikbaar. Ouers moet gesertifiseerde dokumente van hul laaste skoolrapport, identiteitsdokumente, inentingskaarte vir laerskole en bewys van verblyf voorberei. Hy sê die aansoeke sluit op 12 April:
# Tennis: Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, sal sy Indian Wells-veldtog voortsit wanneer hy te staan kom teen die ongekeurde Italianer Luca Nardi vir ‘n plek onder die laaste 16. Die 36-jarige Serwiër het drie stelle nodig gehad om die Australiër Aleksander Vukic te klop in sy eerste wedstryd sedert hy laat in Januarie op die Australiese Ope in die halfeindstryd verloor het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen is gretig om ‘n rekord sesde kroon in Kalifornië in te palm, maar sê hy sal steeds moet verbeter:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 24-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-en-625-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-179-dollar-75-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-67-sent per vat.
# En, die fliek Oppenheimer het uitgeblink by die Oscars, maar in Hiroshima, wat in 1945 verwoes is deur die eerste atoombom, is dit moeiliker om vrede te maak met die rolprent oor die vervaardiger van die bom. Die president van die Japanse stad se internasionale filmfees, Kyoko Heya, vra of dit regtig ‘n fliek is wat die mense van Hiroshima bereid is om te beleef. Ongeveer 140-duisend mense is in die stad dood toe Amerika dit met ‘n atoombom aangeval het. Oppenheimer sal uiteindelik op 29 Maart in Japan vrygestel word. Heya het aan AFP gesê sy het die rolprent ervaar as “baie Amerika-gerig”.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….