Nuus 16:00
BULLETIN 7 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA dien ‘n dringende saak van minagting van die hof in teen Fikile Mbalula
# Die Stad Tshwane begin met interne ondersoeke teen korrupte amptenare
# En, motorsport: Norris verwag die baan in Jedda sal geskik wees vir McLaren
# Die DA sal alle beskikbare maniere gebruik om die ANC te dwing om die wet te gehoorsaam en sy kadergeheime te onthul. Hy het ‘n dringende saak van minagting van die hof by die Hooggeregshof in Johannesburg ingedien teen die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, vir versuim om ‘n opdrag van die Konstitusionele Hof te gehoorsaam. Hiervolgens moes die ANC volledige rekords oorhandig oor sy nasionale kader-ontplooiingskomitee sedert Januarie 2013, toe president Cyril Ramaphosa die voorsitter geword het. Leon Schreiber van die DA eis voldoening en deursigtigheid:
# Die Stad Tshwane gaan interne ondersoeke van stapel stuur na korrupte amptenare. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, het die aankondiging voor die Lyttleton-polisiestasie gemaak. Sy het ‘n strafregtelike saak teen die Lyttleton Winkelsentrum se eienaars aanhangig gemaak vir peutery en die onwettige herkoppeling van krag. Uys sê die ondersoeke is om korrupsie onder sy amptenare hok te slaan:
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het bevestig sy seisoenale roete na Gqeberha sal vanaf April permanent word. Die lugredery beplan om twee daaglikse retoervlugte tussen Johannesburg en die Hoofman Dawid Stuurman Internasionale Lughawe in Gqeberha te bedryf. Hierdie besluit volg ná die sukses van die eerste seisoenvlug van Johannesburg na Gqeberha, wat in Desember opgestyg het. SAL beoog om sy binnelandse, streeks- en internasionale roetes uit te brei.
# Die Amerikaanse president, Joe Biden, staan vandag voor een van die belangrikste oomblikke van sy politieke loopbaan met ‘n staatsrede waartydens hy skeptiese kiesers moet oortuig dat hy Donald Trump in November se verkiesing kan klop. Die jaarlikse toespraak is gewoonlik hoofsaaklik ‘n seremoniële gebeurtenis, maar vanjaar moet die 81-jarige Biden toenemende twyfel besweer oor sy ouderdom, die Amerikaanse ekonomie en die oorloë in Gaza en Oekraïne. Amerikaners sal nie net wil sien wát die oudste president in die geskiedenis sê nie, maar ook hóé hy dit sê.
# Motorsport: McLaren hoop op ‘n bestendiger Formule Een-seisoen ná gemengde uitslae verlede jaar. Hulle het na ʼn wankelrige begin van die 2023-seisoen aansienlik verbeter en in die tweede helfte talle podium-plekke opgeraap. McLaren het vanjaar beter weggespring met Lando Norris wat in die eerste wedren in Bahrein sesde geëindig het en sy spanmaat, Oscar Piastri, agste. Die tweede wedren vind die naweek in Saoedi-Arabië plaas en Norris verwag die baan in Jedda sal McLaren goed pas:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-78-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-884-dollar-20-sent. Die prys van goud is twee-duisend-156-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-25-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….