Nuus 16:00
BULLETIN 18 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Tiffany Meek pleit onskuldig aan moord op haar seun, Jayden-Lee
# Wêreldrugby sê die Springbokke se taktiek in die tweede toets teen Italië moes gestraf gewees het
# En die WGO onderskryf lenacapavir vir MIV/Vigs-voorkoming
# Tiffany Meek het in die Landdroshof in Roodepoort, Gauteng, onskuldig gepleit aan die moord op haar elfjarige seun, Jayden-Lee. Die Graad 5-leerder is dood aan beserings wat toegedien is met ‘n stomp voorwerp en sy gekneusde liggaam is in hul woonstelgebou in Fleurhof, Johannesburg, gevind. Meek het emosioneel geraak toe aanklaers die saak uiteengesit het, en beweer sy is op bedrieglike wyse betrek. Die Meek-gesin bepleit geregtigheid en genesing en vra die publiek om nie die beskuldigde se familielede te teiken nie. Die saak sal Maandag voortgaan.
# AfriForum sê hy wag op volgende week se uitspraak in die vuurwapensaak teen die EFF-leier, Julius Malema. Hy sal van Maandag tot Woensdag in die Streekhof in Oos-Londen in die Oos-Kaap verskyn omdat hy na bewering ‘n semi-outomatiese vuurwapen afgevuur het tydens ‘n saamtrek in 2018. Malema staan tereg op verskeie aanklagte kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer. Jacques Broodryk van AfriForum sê politici is nie onaantasbaar nie en eis dat die saak ‘n belangrike presedent vir aanspreeklikheid skep:
# Statistieke Suid-Afrika sê daar is ‘n merkbare afname in siviele skuldsake. Siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is het in die drie maande tot Mei vanjaar met 17-persent gedaal en die aantal siviele vonnisse wat aangeteken is, het met 20-persent gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Onica Mushwana van Statistieke SA sê die syfers dui op ‘n verlangsaming in skuldverwante regstappe in die land:
# Nou sportnuus: Wêreldrugby sê die Springbokke moes gestraf geword het vir die doelbewuste kort-afskop aan die begin van die tweede toets teen Italië in Gqeberha. Die senter André Esterhuizen het voor Manie Libbok se kortskop inbeweeg, waarmee Suid-Afrika ‘n skrum op die middelkolletjie afgedwing het. Wêreldrugby sê dit was ‘n doelbewuste oortreding van die afskop- en die hervattingreël. Die Bokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus, het vroeër gesê rugby behoort nie aan enigiemand nie en vernuwing moet geprys word en nie afgeskiet nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-212-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-356-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 69-dollar-59-sent per vat.
# En ten slotte: Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die half-jaarlikse inspuiting, lenacapavir, vir die voorkoming van MIV/Vigs onderskryf. Die nuwe riglyne is bekendgestel op die Internasionale MIV-vereniging se MIV-wetenskapskonferensie in Kigali, Rwanda. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê die medikasie kan toegang verander vir kwesbare bevolkings wat te kampe het met stigmatisering of uitdagings met nakoming. Hy sê dis ’n langwerkende antiretrovirale middel wat bewys is om die meeste MIV-besmettings te voorkom. Die WGO onderneem om met lande saam te werk om die vinnige en veilige verspreiding van die middel te verseker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….