Nuus 16:00
BULLETIN 4 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra ‘n onmiddellike ondersoek na die beweerde omkopery van die speaker
# Ekonomiese gevolge word gevrees terwyl ‘n minibus-befondser worstel met ‘n skuldkrisis
# En, sokker: Die aftelling begin na die Bayhill-premierbekertoernooi in Kaapstad
# Die DA vra ‘n onmiddellike ondersoek na die beweerde kontant-omkopery van die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Sy word betrek in ‘n beëdigde verklaring wat deel vorm van ‘n korrupsiesaak teen ‘n Weermag-kontrakteur, wat beweer Mapisa-Nqakula het tydens haar termyn as minister van Verdediging omkoopgeld van meer as twee-miljoen-rand gevra. Sy hou vol sy is onskuldig en onderneem om met die ondersoek saam te werk. Die hoofsweep van die DA, Siviwe Gwarube, het bevestig die party sal ‘n klagte by die Etiekkomitee indien:
# Die minibus-befondser, SA Taxi, worstel met ‘n reuseskuldlas ter waarde van 16,7-miljard-rand, wat kommer wek oor die breër gevolge vir die finansiële sektor. Volgens News24 waarsku ontleders teen ernstige maatskaplike en ekonomiese gevolge indien SA Taxi nie slaag nie. Die onderneming is ‘n deurslaggewende speler in die minibustaxi-sektor en is tans besig met dringende samesprekings om teen Junie 5,3-miljard-rand op-balans en 11,4-miljard-rand buite die balans-staat te herstruktureer. Verskeie batebestuurders, insluitend Futuregrowth, Vunani Fund Managers en Ninety One, het skuldinstrumente wat aan die minibustaxi-befondsingsektor gekoppel is.
# Die verhouding tussen Suid-Afrika se groot uitgewers en Google het versuur, wat moontlik tot konflik kan lei te midde van die Mededingingskommissie se Media- en Digitale Platform-markondersoek. Google se omstrede onderhandeling-standpunt het ‘n terugslag veroorsaak, met uitgewers wat die bekendmaking versoek het van sy plaaslike bedrywighede en inkomste uit die samestelling van nuusinhoud. Google se weiering het die spanning verskerp, en die fokus verskuif na die kommissie se verhore, sowel as die uitwerking van digitale platforms op media en mededinging. Soortgelyke globale gevegte beklemtoon die waarde van nuusinhoud en die behoefte aan billike vergoeding.
# Sokker: Die Stad Kaapstad sê voorbereidings vir die Bayhill-premierbeker-toernooi is goed op dreef. Die onder-19-toernooi begin op 27 Maart op die Ericapark-sportterrein in Belhar. Die eindstryd vind op die Athlone-stadion plaas. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die toernooi het agt groepe van vier spanne elk en die top twee beweeg na die ronde van 16, gevolg deur die kwarteindronde, die halfeindronde en die eindstryd:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-6-sent teen die dollar, 20-rand-69-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-142-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-82-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-9-sent per vat.
# En, Afrika gaan van 2050 af voedsel- en waterskaarstes, asook werksverliese in landbousektore beleef as klimaatsverandering nie bekamp word nie. Dit is die bevinding van ‘n studie deur die Universiteit van die Witwatersrand. Volgens die studie sal gewasproduksie in Afrika teen 2030 met 2,9-persent daal, en teen 2050 met 18-persent, indien klimaatsverandering teen die huidige tempo voortgaan. Professor Philip Kofi Adom van Wits sê regerings moet privaat maatreëls in klimaatsaanpassing en -bekamping ondersteun.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….