Nuus 16:00
BULLETIN 26 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Veelparty forum daag die registrasie-vereistes en die verkiesingsrooster uit
# Die DA in Gauteng sê 10-miljoen-rand vir die opknapping van ‘n skool is geplunder
# En, rugby: Die Springbokke en Siya Kolisi is benoem vir top-Laureus-toekennings
# ‘n Koalisie van opposisiepartye, insluitend die EFF en die United Democratic Movement, eis dringend ‘n vergadering met die Onafhanklike Verkiesingskommissie, om kommer oor die verkiesingsrooster te bespreek. Hulle is bekommerd oor die kort tydsraamwerk vir verskeie verkiesingsverwante prosesse, soos die indiening van kandidatelyste teen 8 Maart. Die koalisie voer aan hierdie verkorte skedule beperk deelname van belanghebbendes en kan die deursigtigheid en inklusiwiteit van die verkiesingsproses belemmer. Hulle het ook die OVK aangemoedig om te verseker die nuwe politieke partye se registrasievereistes voldoen aan die toepaslike wetgewing.
# Adjunk-president Paul Mashatile moedig regerings wêreldwyd aan om te belê in digitale tegnologie vir opvoerders om onderwys te versterk. Hy was die hoofspreker op die Internasionale Taakmag oor Onderwysersbeleidsforum in Sandton, Johannesburg. Mashatile beklemtoon die belangrikheid van die bemagtiging van onderwysers vir die toekomstige werksmag, wat kreatiwiteit koester en mededingende vergoeding verskaf as erkenning vir hulle prestasies:
# Die DA in Gauteng sê 10-miljoen-rand wat geoormerk is vir die opknapping van die Kwa-Dukathole Comprehensive School in Katlehong, Ekurhuleni, is geplunder en honderde leerders is dus nou in stampvol en vervalle klaskamers. Die DA-lid, Sergio Isa dos Santos, sê volgens mediaberigte was die provinsiale Onderwysdepartement ten volle bewus van die onbeskaamde misbruik van die skool se fondse, maar niks is gedoen om in te gryp nie:
# Die voormalige onder-burgemeester van Oudtshoorn Mlandeli Abednico Nyuka is tronkstraf van vyf jaar opgelê deur die Landdroshof in die dorp vir die seksuele aanranding van ‘n werknemer in sy kantoor. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, Eric Ntabazalila, sê dit is Nyuka se tweede skuldigbevinding en vonnis vir seksuele aanranding met dieselfde modus operandi:
# Rugby: Die houers van die Wêreldbeker, die Springbokke, en kaptein Siya Kolisi is benoem vir die top-Laureus-toekennings. Die Bokke het die Wêreldspan van die Jaar-toekennings ingepalm na hulle Wêreldbeker-seges in 2007 and 2019. Hulle is weer vir dieselfde eer benoem. Hulle kom onder andere te staan teen Manchester City se mans-sokkerspan, die Europese Ryderbeker-gholfspan en Red Bull Racing se Formule-1-span. Kolisi is benoem vir Terugkeer van die Jaar. Die toekennings word in April aangebied in Madrid, Spanje.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-28-sent teen die dollar, 20-rand-93-sent teen die euro en 24-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 51-duisend-en-97-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-31-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….