Nuus 16:00
BULLETIN 12 Februarie 4nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fase 5-beurtkrag duur tot môreoggend
# Die DA versoek President Ramaphosa om adjunkpresident Paul Mashatile te verwyder te midde van korrupsie-bewerings
# En Sokker: Bafana Bafana verower Afcon 2023 se toekenning vir regverdige spel
# Eskom sê fase 5-beurtkrag sal tot môreoggend vyfuur voortduur weens voortslepende uitdagings. Maar daar is ‘n sprankie verligting deur die terugkeer van vyf opwekkingseenhede wat herstel is, wat ‘n tydelike vermindering tot fase 3-beurtkrag moontlik maak, van môreoggend vyfuur tot moremiddag vieruur. Fase 4-beurtkrag sal daarna hervat, en die patroon sal so voortduur tot verdere kennisgewing. Eskom beplan om teen Woensdag twee-duisend-150 megawatt opwekkingsvermoë terug te bring.
# Die DA het formeel misdaadkagtes teen adjunkpresident Paul Mashatile ingedien by die Kaapstad-sentraal-polisiestasie, met verwysing na ernstige bewerings van korrupsie wat strek oor byna twee dekades. Die aanklagte sluit in beskuldigings van nepotisme en familiebeskerming, met die jongste skandaal wat die aankoop van ‘n herehuis ter waarde van 28,9-miljoen-rand deur Mashatile se skoonseun in Constantia, Kaapstad, behels. DA-leier, John Steenhuisen, het president Cyril Ramaphosa se besluiteloosheid oor die verwydering van Mashatile gekritiseer. Hy beloof om korrupte amptenare aanspreeklik te hou:
# Die All Game Changers-party wag gretig vir die komende 2024 algemene verkiesing, met die doel om Suid-Afrika se politieke landskap te transformeer. Die party se leier, Duduzane Zuma, het die behoefte aan jeugleierskap beklemtoon en voorgestelde beleide sluit in vergoeding vir grond, volhoubare energie, gratis onderwys en entrepreneurskap in die kurrikulum. Die party stel ook infrastruktuur, landbou en die herlewing van nywerheid voorop om Suid-Afrika te verskuif van ‘n netto invoerder na ‘n netto uitvoerder:
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika gaan ‘n stembrief-opvoedings-veldtog in provinsies regoor die land van stapel stuur. Die uitvoerende hoof van die OVK, Sy Mamabolo, het aan Newzroom Afrika gesê die veldtog het ten doel om kiesers op te voed oor die belangrikheid daarvan om die rol van die stembrief en hoe dit werk, te verstaan. Die veldtog sal verskillende middels gebruik, insluitend mediakanale en deur-tot-deur-veldtogte, om ‘n wye gehoor te bereik:
# Sokker: Bafana Bafana is bekroon met die toekenning vir regverdige spel op die Afrikabekertoernooi in die Ivoorkus. Die toekenning gee erkenning aan die span se dissipline, gemeet aan die laagste aantal geel- en rooikaarte aan spanne in die toernooi. Bafana Bafana het die bronsmedalje verower nadat hy in die halfeindronde teen Nigerië verloor en die Demokratiese Republiek van die Kongo toe verslaan het in die uitspeelstryd om derde plek. Die gasheer het die toernooi gewen deur Nigerië in gisteraand se eindstryd te klop.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-48-sent teen die euro en 23-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 47-duisend-936-dollar-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-21-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….