Nuus 16:00
BULLETIN 8 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Klimaatkenner vra Suid-Afrika om waaksaam te bly terwyl El Niño-gevare voortduur
# Die Gautrein beplan uitbreiding en meer bekostigbaarheid op sy 16de herdenking
# En tennis: Serena Williams sê haar terugkeer gaan nie oor nog trofees vir haar versameling nie
# Die klimaatkenner Trevor Abrahams waarsku Suid-Afrika kan nie bekostig om gerus te wees oor die bedreiging van El Niño en die uitwerking daarvan op weerpatrone nie. Hy het aan News24 gesê toenemende klimaatsveranderings hou steeds ernstige gevare in vir landbou, watersekerheid en kwesbare gemeenskappe. Abrahams beklemtoon die belangrikheid van die versterking van vroeë waarskuwingstelsels, rampvoorbereiding en klimaat-veerkragtigheids-maatreëls. Die waarskuwing volg terwyl kenners waarsku uiterste weerstoestande wat verband hou met klimaatsverandering kan toeneem, wat gesamentlike optrede van die regering, sakeondernemings en gemeenskappe sal vereis.
# Luitenant-kolonel Nkoana Sebola van die Valke het die Madlanga-kommissie ingelig oor skermskote van beweerde boodskappe tussen die sakeman Tumelo Ngu en die vermeende polisie-informant, Alpha. ‘n Aanvanklike wenk het owerhede in Julie 2021 gelei na ‘n kokaïen-fonds in Aeroton, Johannesburg, waar beslag gelê is op 715-kilogram kokaïen van meer as 300-miljoen-rand. Sebola het aan getuienisleier Thabang Pooe gesê die skermskote is blykbaar van Transnet-stelsels afkomstig en was deel van die ondersoeke:
# Die voorsitter van die Gautrein se raad, Mfanelo Ntsobi, loof die spoornetwerk se prestasie in sy 16de bestaansjaar. Hy het teenoor die SABC verwys na 13 opeenvolgende skoon oudits, werkskepping en die geslaagde oorgang na groter regerings-eienaarskap, en sê diens-standaarde bly hoog. Ntsobi sê die Gautrein se volgende fase sal fokus op bekostigbaarheid, insluiting en uitbreiding na onder-bediende gemeenskappe. Hy sê planne sluit infrastruktuur-opgradering in om die diens toegankliker te maak:
# Suid-Afrika se swartmark vir onwettige en gekloonde nommerplate groei vinnig, wat volgens die Nommerplaatvereniging van Suid-Afrika ernstige veiligheidskwessies veroorsaak. Die president, Jan de Lange, sê drie hoofvervaardigers verskaf leë nommerplate en druktoerusting aan gemagtigde vervaardigers, terwyl produksie streng sertifisering, inspeksies en oudits van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde vereis. Hy sê baie onwettige vervaardigers werk buite hierdie stelsel. Hy skat meer as die helfte van die 250-duisend nommerplate wat maandeliks vervaardig word is onwettig.
# Tennis: Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, sê sy het niks om te bewys nie terwyl sy gereedmaak om ná vier jaar terug te keer. Die 44-jarige Amerikaner speel hierdie week haar eerste mededingende wedstryd op die Queen’s Club in Londen wanneer sy en die 19-jarige Kanadees, Victoria Mboko, die vroue-dubbelspel aandurf. Die Berlynse Ope is ook op haar radar. Williams sê sy plaas nie druk op haarself nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand teen die euro en 21-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-960-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-330-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 93-dollar-57-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….