Nuus 16:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 17 November 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Cele waarsku misdadigers die polisie sal gedurende die feestyd in groot getalle ontplooi word
# Die DA wil hê minister Cele moet verwyder word weens tekortkominge in misdaadbestuur
# En, rugby: Am is die enigste Springbok wat die naweek na die Haaie terugkeer
# Die minister van polisie, Bheki Cele, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens en alle wetstoepassingsagentskappe sal voltallig wees om gedurende die feestyd wet en orde te handhaaf. Die minister het vandag die misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal bekend gemaak, wat toon meer as 226-duisend mense is in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela, wat georganiseerde misdaad teiken. Cele het ook ‘n sterk waarskuwing gerig aan misdadigers en diegene wat beplan om die wet te oortree, en die polisie opdrag gegee om teen elke vorm van misdaad op te tree:
Speel klankgreep: ENG CeleOnFestiveSeason
Die DA se nasionale woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield, het ondertussen gevra vir die verwydering van die minister van Polisie, Bheki Cele, weens mislukte leierskap en ondoeltreffende misdaadbestuur. Dit volg op kommerwekkende misdaadstatistiek wat Cele bekend gemaak waarin onrusbarende syfers onthul is. Die jongste misdaadverslag het aan die lig gebring meer as ses-duisend moorde en 13-duisend-en-90 seksuele misdrywe is aangeteken vir die drie maande van Julie tot September, sowel as andere misdade. Whitfield beklemtoon die onaanvaarbare hoë DNS-agterstand van meer as vyftig-duisend sake, wat die strafregstelsel in gedrang bring.
# Not In My Name doen ‘n beroep op ander burgerregte-organisasies om hul samewerking aan die regering te gee om bewusmaking te verhoog oor die belangrikheid van kiesersregistrasie. Dit volg namate die jeug-registrasieveldtogte voortduur voor die kiesersregistrasie-naweek. Die Verkiesingskommissie hou ‘n kiesersregistrasie-veldtog by sy 22-duisend-300 stempunte landwyd ter voorbereiding vir volgende jaar se provinsiale en nasionale verkiesing. Die organisasie se president, Siya Jentile, sê die jeug moet hul demokratiese reg uitoefen voor die verkiesing:
Speel klankgreep: ENG-JentileOnVoterRegistration
# Frankryk en Kenia span kragte saam om by COP28 ‘n internasionale belastingtaakspan te bepleit, wat daarop gemik is om nuwe heffings te verseker om inisiatiewe ten opsigte van klimaataksie te finansier. President William Ruto van Kenia en Emmanuel Macron van Frankryk lei hierdie poging tot samewerking. Climate Home berig dat die taakspan heffings op skeepvaart, lugvaart, finansiële transaksies en fossielbrandstowwe sal ondersoek. Gevorderde besprekings is aan die gang om die koalisie in Dubai uit te brei, met die doel om eenstemmigheid te bereik oor spesifieke voorstelle by COP30.
# Rugby: Lukhanyo Am is die enigste Springbok wat terug is in die Haaie se span vir môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht in Durban. Sy nasionale spanmaats, die haker Bongi Mbonambi en die stut Vincent Koch, het langtermyn-kniebeserings, terwyl die span se ander Bokke eers volgende week terugkeer. Die hoofafrigter, John Plumtree, sê die Ierse teenstanders is baie onvoorspelbaar en hulle besef hul verdediging moet baie sterk wees. Die Haaie is tans in die 16de en laaste plek op die punteleer nadat hulle al vier hul vorige wedstryde verloor het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-33-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 22-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 36-duisend-289-dollar-10-sent. Die prys van goud is een-duisend-988-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….