Nuus 16:00
BULLETIN 4 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Getuie G se getuienis sal agter geslote deure plaasvind weens tegniese probleme
# Tennis: Voorste spelers is ontevrede met Roland Garros se 9,5-persent verhoging in prysgeld
# En Namibië herdenk vandag die Cassinga-massamoord
# Die Madlanga-kommissie het beslis Getuie G se getuienis sal volledig in camera aangehoor word, sonder openbare of media‑toegang. Daar is aanvanklik verwag die misdaadintelligensiebeampte wat met informante werk, sal gedeeltelik in die openbaar getuig, maar dit is onmoontlik weens tegniese probleme. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê dit is onprakties, maar beklemtoon die kommissie se verbintenis tot deursigtigheid in sy verrigtinge:
# Een persoon is dood in ‘n botsing tydens ‘n onwettige straatren op die Steve Biko-pad in Gezina, Pretoria. Die voorval het plaasgevind nadat die bestuurder van ‘n Renault Kwid beheer verloor en teen ‘n ander voertuig gebots het, wat verskeie mense beseer het. Die teen-misdaadaktivis Yusuf Abramjee het die voortgesette kommer oor gevaarlike onwettige wedrenne in die gebied uitgelig. Inwoners vra owerhede om vinnig op te tree om hierdie wedrenne te bekamp en padveiligheid te verbeter.
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê daar sal volgende jaar ‘n reuse-opknapping van die Afrika-reis-indaba wees. Sy het tydens die bekendstelling in Durban, KwaZulu-Natal, die noodsaaklikheid beklemtoon om handel in Afrika te bevorder en toerisme-mededingendheid te versterk. Die vierdaagse indaba begin Maandag. De Lille sê die 30-jaar-oue geleentheid moet ontwikkel om van toepassing te bly. Sy vra vars idees om groei en langtermyn volhoubaarheid te verseker:
# Tennis: Die wêreld se voorste spelers is diep teleurgesteld omdat die Franse Ope se prysgeld vanjaar met slegs met 9,5-persent verhoog is. Die wêreld-nommer-eens, Jannik Sinner van Italië en Aryna Sabalenka van Belarus, het verlede jaar by ander spelers aangesluit en geëis Grand Slam-toernooie moet hulle ‘n teiken van 22-persent van toernooi- inkomste betaal om dit in ooreenstemming te bring met die een-duisend-vlak-geleenthede. Hulle sê Roland Garros se inkomste het verlede jaar met 14-persent gestyg, maar spelers se aandeel het verminder tot 14,3-persent van die inkomste.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-71-sent teen die dollar, 19-rand-55-sent teen die euro en 22-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-785-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-566-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 108-dollar-88-sent per vat.
# En ten slotte: Namibië herdenk vandag die Cassinga-massamoorde van 48 jaar gelede. Meer as 600 mense, meestal vroue en kinders, is in 1978 dood toe Suid-Afrikaanse magte SWAPO se vlugtelingkamp in Cassinga in die suide van Angola aangeval het, en die People’s Liberation Army of Namibia se militêre basis. Die Verenigde Nasies het die aanval as moreel misdadig en wreed beskryf. Hy sê Cassinga het ‘n spesiale plek in die gesamentlike geheue van Namibiërs wat die pynlike geskiedenis van die konflik en die veerkragtigheid van sy mense weerspieël.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….