Nuus 16:00
BULLETIN 30 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa kondig aan die plaaslike regeringsverkiesing sal 4 November gehou word
# Minister Hlabisa bepleit verantwoordbaarheid in die stryd teen die waterkrisis
# En die Vereniging vir Staatsamptenare vra dringende befondsing vir die Madlanga-kommissie te midde van ‘n begrotingskrisis
# President Cyril Ramaphosa het aangekondig vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing gaan op 4 November plaasvind. Die datum is bevestig ná raadpleging met die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, en sal binnekort in die Staatskoerant afgekondig word. Ramaphosa het gepraat tydens die koördinerende raadsvergadering in Boksburg, Gauteng. Hy sê burgers sal kies vir wie hulle stem, en die regering sal die uitslag respekteer en hul aanhou dien:
Cyril Ramaphosa het op die vergadering gesê uitdagings in munisipaliteite ondermyn dienslewering. Hy het verwys na swak inkomstebasisse, vaardigheidstekorte en onbestendigheid in die regering. Ramaphosa waarsku swak finansiële bestuur en verantwoordbaarheid het infrastruktuur-mislukkings en ontwrigting in water- en elektrisiteitsvoorsiening veroorsaak. Hy beklemtoon die Witskrif oor Plaaslike Regering sal uiters belangrik wees om langtermynhervorming aan te vuur:
Hlabisi het op die vergadering gesê Suid-Afrika se waterkrisis vereis dringende, gesamentlike optrede, nie net tegniese oplossings nie. Hy het die stigting van die Nasionale Waterkrisiskomitee uitgelig as ‘n verskuiwing na ‘n verenigde regeringsreaksie. Hlabisa beklemtoon politieke bestendigheid, finansiële dissipline en verantwoordbare leierskap is uiters belangrik om infrastruktuur aan te pak en dienslewering te verbeter:
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra president Ramaphosa en die Nasionale Tesourie om dringend die Madlanga-kommissie te befonds wat hy sê in gevaar verkeer om te sluit weens uitgeputte hulpbronne. Woordvoerder Claude Naicker waarsku indien die kommissie nie sy werk kan afhandel nie, sal dit die stryd teen korrupsie ondermyn en openbare vertroue verswak. Hy sê daar is vordering gemaak met die blootlegging van wanadministrasie en die ondersteuning van inhegtenisnemings en vra onmiddellike ingryping om voortgesette werk te verseker.
# Padwedlope: Die Stad Kaapstad het parkeerbeperkings en padsluitings aangekondig voor volgende maand se Kaapstadse Marathon. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ‘n motorvrye roete is belangrik as deel van die wedloop se poging om deel te word van die Wêreldmarathon-hoofwedlope. Hy sê sleutelgebiede, insluitend die middestad, die Atlantiese kusgebied en omliggende voorstede sal geraak word:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-79-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 22-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-290-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-633-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 107-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….