Nuus 16:00
BULLETIN 8 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Bozell wys voortdurende beleggingshindernisse tussen Amerika en Suid-Afrika uit
# Saftu sê Trump se volgehoue dreigemente teen Iran is ‘n regstreekse bedreiging vir die mensdom
# En tennis: Medvedev lei die eerste dubbele stroop-nederlaag van sy loopbaan in Monte-Carlo
# Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Brent Bozell, sê sy land is gereed om miljarde rand se beleggings te bring, maar daar is steeds belangrike uitdagings. Hy het in Pretoria gesê hy is bekommerd oor privaat eiendomsregte en eienaarskapsvereistes vir buitelandse ondernemings, wat groot beleggers kan afskrik. Bozell erken Suid-Afrika se unieke geskiedenis en sê Amerikaanse ondernemings het ‘n etiese plig om in die land se toekoms te belê:
Die vakbondfederasie Saftu sê intussen die Amerikaanse president, Donald Trump, se volgehoue dreigemente teen Iran is ‘n werklike en bestaande bedreiging vir wêreldvrede. Trump het gedreig met reuse-aanvalle teen Iran se energie- en vervoerinfrastruktuur indien hy nie ‘n vredes-ooreenkoms aangaan nie. Dit is egter gestuit met sy instemming tot ‘n skietstilstand. Asive Dyani van Saftu verwerp Trump se aanspraak dat Iran se burgers meer bomme en vernietiging versoek vir hul vryheid:
# Die hoof van die Tshwane-metropolisie, Yolande Faro, ontken kennis van diensvlak- en grond-tenderooreenkomste, insluitend een met El Shaddai-veiligheidsdienste. Kommissaris Sandile Khumalo het tydens haar getuienis voor die Madlanga-kommissie haar gebrek aan kennis bevraagteken, al was sy met verlof toe ‘n waarnemende amptenaar die ooreenkomste onderteken het. Faro sê sy het ook geen konsepweergawes gesien nie en hou vol sy was onbewus van die proses:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die kabinet se goedkeuring van die hersiene Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming verwelkom en as fundamentele hervorming beskryf. Dit is ontwerp om bedrog en misbruik te bekamp, nasionale veiligheid te verbeter, dienslewering deur digitale hervorming te verbeter en ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Schreiber sê die beleidsrigting wat in die witskrif uiteengesit word, baan ‘n nuwe koers vir die land om moderne, doeltreffende en veilige stelsels te bou wat Suid-Afrika se belange dien.
# Tennis: Die wêreld-nommer-tien, Daniil Medvedev van Rusland, het die eerste keer in sy loopbaan ‘n dubbele stroop-nederlaag gelei in die ronde van 32 op die Monte-Carlo-meesterstoernooi. Hy het binne 49 minute met 6-stroop, 6-stroop teen die ongekeurde Italianer Matteo Berrettini verloor, en halfpad deur die tweede stel sy humeur verloor. Die 30-jarige Medvedev het sy raket vermorsel na sy hoeveelste ongedwonge fout. Nog ‘n Rus, die 13de-gekeurde Andrey Rublev, is ook uitgeskakel toe hy in skoon stelle verloor het teen die ongekeurde Zizou Bergs van België.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-13-sent teen die euro en 22-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-700-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-770-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 91-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….