Nuus 16:00
BULLETIN 30 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party verloor ‘n aansoek om Shamila Batohi se pensioenuitbetaling te verhoed
# Athol Trollip vra die beskerming van die land se soewereiniteit te midde van ‘n optog teen ‘n kroningseremonie
# En sokker: CAF stel ingrypende hervormings in na die AFCON-debakel
# Die MK-party het sy hof-aansoek verloor om te keer dat die voormalige Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, haar pensioen en ander voordele ontvang. Regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen het die aansoek in die Hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys en die party gelas om koste te betaal. Die MK-party het aangevoer die uitbetaling moet gestaak word te midde van bewerings oor wangedrag, maar die hof het bevind die saak ontbreek aan ‘n regsgrondslag en die pensioenuitbetaling kan voortgaan.
# ActionSA se parlementêre leier, Athol Trollip, sê Suid-Afrika se soewereiniteit moet beskerm word terwyl inwoners van Buffalo City in KuGompo, voorheen Oos-Londen, opruk om te betoog teen die kroningseremonie van ‘n Nigeriese “Igbo-koning.” ‘n Seremonie is in KuGompo gehou om die hoofman, Solomon Ogbonna Eziko, as die koning van die Igbo-mense in Oos-Londen te kroon. Trollip sê die stap ondermyn Suid-Afrika se Grondwet sowel as die erkenning van tradisionele leierskap:
# ActionSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Herman Mashaba, kritiseer die DA se kandidaat, Helen Zille, oor die party se mislukte hofgeding om ‘n salaris-ooreenkoms van tien-miljard-rand in die metro te verhoed. Mashaba sê die ooreenkoms is dalk onbekostigbaar, maar indien dit gekanselleer word, sal wettige verpligtinge teenoor werkers geïgnoreer word. Hy beskuldig die DA van politiekery en waarsku hierdie optrede kan dienslewering benadeel. Mashaba vra vakbonde vir hulp om gebalanseerde oplossings te vind om die stad se finansies en inwoners te beskerm.
# Die N3-tolkonsessie versoek motoriste om vooruit te beplan vir die Paasfees-verkeer wat reeds styg op die besige N3-roete. Woordvoerder Thania Dhoogra sê volumes neem toe en paaie sal Donderdag en Vrydag die besigste wees. Duisende mense sal ook na verwagting Moria toe reis vir die Zion-Christenkerk se pelgrimstog. Spitsverkeer word volgende Maandag en Dinsdag in ‘n noordelike rigting verwag. Dhoogra bevestig alle padwerke word gestaak behalwe noodherstelwerk. Motoriste is gevra om versigtig te wees.
# Sokker: Die Afrika-beheerliggaam, CAF, stel ingrypende hervormings in in ‘n poging om vertroue in skeidsregters, video-assistent-skeidsregterbedrywighede en geregtelike liggame te herstel. Hy worstel met ‘n vertrouenskrisis na die appèlraad Senegal van sy Afrikabeker-titel gestroop het, met die besluit wat voor die Arbitrasiehof vir Sport betwis word. President Patrice Motsepe sê respek, integriteit en geloofwaardigheid van skeidsregters en video-operateurs is belangrik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-70-sent teen die euro en 22-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-902-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-565-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 106-dollar-83-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….