Nuus 16:00
BULLETIN 18 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Steenhuisen is bekommerd oor die krisis in die suikerbedryf ná Tongaat Hulett se likwidasie
# Shadrack Sibiya bevraagteken die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se invloed op sosiale media
# En sokker: ‘n Waarskuwing oor verkeersontwrigtings wanneer Pirates en Sundowns op die FNB-stadion ontmoet
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het ‘n waarskuwing gerig oor die krisis in die suikerbedryf ná Tongaat Hulett gelikwideer is. Hy sê die likwidasie bedreig bedrywighede en raak meer as 15-duisend produsente en die voortbestaan van tot 40-duisend mense tensy dringende befondsing verkry word. Steenhuisen sê die regering betrek belanghebbendes om ‘n oplossing te vind, en beklemtoon vertragings kan landelike ekonomieë en voedselvoorsieningskettings ernstig skaad.
# Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, kritiseer die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor sy uitgebreide sosiale media-ondersteuning. Sibiya getuig voor die Madlanga-kommissie wat Mkhwanazi se bewerings van politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek. Sibiya sê hoewel Mkhwanazi dit dalk nie persoonlik bestuur nie, word sienings beïnvloed deur aanhoudende aanlyn aandag. Hy sê ‘n gebrek aan beheer oor sosiale media vrywaar openbare figure van aanspreeklikheid:
# Nuwe navorsing deur die Black Management Forum en Henley Business School Africa vra dringende hervormings aan swart ekonomiese bemagtiging. ‘n Opname onder meer as 500 bestuurders dui aan hoewel hervorming wyd ondersteun word, slaag die huidige nakomingsgedrewe instelling nie daarin om sakeprestasie te verbeter nie. Kommer sluit in korrupsie, omseiling en nakomingskwessies. Die studie vra sterker bestuur, verbeterde omsigtigheidsondersoeke en groter samewerking om swart bemagtiging van nakomingsgedrewe prosesse na betekenisvolle ekonomiese uitwerkings te verskuif.
# Sokker: Die Johannesburgse Metropolisie waarsku motoriste oor verkeersontwrigtings wanneer Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns vanaand in ‘n Premierskap-wedstryd op die FNB-stadion teen mekaar speel. Pirates is eerste op die punteleer met ses punte. ‘n Skare van minstens 60-duisend toeskouers word verwag vir die wedstryd wat half-agt begin, en woordvoerder Xolani Fihla moedig motoriste aan om alternatiewe roetes te gebruik:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-99-sent teen die dollar, 18-rand-95-sent teen die euro en 21-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-523-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-922-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-72-sent per vat.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa stuur sy beste wense aan die Christen- en die Moslem-gemeenskap wat onderskeidelik Lydenstyd en Ramadan vier. Hy sê die seldsame oorvleueling beklemtoon gedeelde waardes van selfondersoek, dissipline, vrygewigheid en sorg vir kwesbares. Christene vier 40-dae van gebed terwyl Moslems van sonsopkoms tot sonsondergang vas en die behoeftiges voed. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrikaners moet die land se grondwetlike beskerming van godsdiensvryheid vier:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….