Nuus 16:00
BULLETIN 29 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Hooggeregshof stel die voorverhoor van Matlala en sy medebeskuldigdes tot volgende Vrydag uit
# GOOD eis dringende ingryping in die sukkelende rolprentbedryf
# En krieket: Sri Lanka verskerp veiligheid vir die T20-Wêreldbekerwedstryde tussen Indië en Pakistan
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die voorverhoor van Vusimuzi ‘Cat’ Matlala en sy medebeskuldigdes tot volgende Vrydag uitgestel. Die hof sal hoor of Matlala in Gautengse korrektiewe sentrums aangehou kan word, nadat hy van Kgosi Mampuru na die Ebongweni Supermaksimum Korrektiewe Sentrum in Kokstad, KwaZulu-Natal, oorgeplaas is. Matlala staan tereg op elf aanklagte van poging tot moord, aanklagte van sameswering om moord te pleeg, en geldwassery.
# Statistieke Suid-Afrika sê algehele likwidasies het verlede jaar met 1,1-persent gedaal vergeleke met 2024. Maatskappylikwidasies het met 1,8-persent afgeneem en beslote korporasie-likwidasies met 0,3-persent. Tussen Oktober en Desember het likwidasies met 14,5-persent gedaal, maar Onica Mushwana van Statistieke SA sê net in Desember het likwidasies met 11-persent gestyg, met maatskappy-likwidasies wat met 25 gevalle gestyg het, terwyl beslote korporasie-likwidasies met 15 gevalle afgeneem het:
# Die GOOD-party sê die Departement van Handel en Nywerheid het ‘n kritieke fout gemaak deur nie sy aansporingskema vir die rolprentbedryf te beveilig nie. GOOD se jeugorganiseerder, Kaden Arguile, sê die regering moet na die onderhandelingstafel terugkeer of die gevaar loop om ‘n bedryf in duie te laat stort wat nie net lewensbelangrik is vir Suid-Afrika se ekonomie nie, maar ook vir sy identiteit:
# Krieket: Elite gewapende eenhede gaan in Sri Lanka ontplooi word om veiligheids-maatreëls te verhoog vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat saam met Indië aangebied word. Wedstryde tussen die politieke aartsvyande Indië en Pakistan sal spesiale aandag kry. Twintig wedstryde sal tussen 7 Februarie en 8 Maart in Sri Lanka beslis word – minstens een tussen Indië en Pakistan. Die minister van Sport, Sunil Kumara, sê die elite kommando-eenhede wat gewoonlik toegewys word om besoekende staatshoofde te bewaak, sal ontplooi word om alle spanne te beskerm.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-75-sent teen die dollar, 18-rand-82-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-884-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-530-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-72-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Sonkragbedryfsvereniging sê die registrasie van kleinskaalse ingebedde opwekkingstelsels bly ‘n kritieke wets- en veiligheidvereiste. Die Wet op Elektrisiteitsregulering vereis alle stelsels onder onder 100 kilovolt-ampere moet by die diensverskaffer, naamlik Eskom of munisipaliteite, geregistreer wees en aan netwerkververeistes voldoen. Die groot meerderheid van stelsels in woongebiede is onder 50 kolivolt-ampere. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rethabile Melamu, sê opbouende kommunikasie met verspreiders is noodsaaklik aangesien dit huise en die nasionale netwerk beskerm.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….