Nuus 16:00
BULLETIN 8 Desember 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# FOSA verwerp minister Kubayi se voorstel dat die Madlanga-kommissie agter geslote deure moet voortgaan
# Die Grensowerheid sluit noodsaaklike vennootskappe om met immigrasiebestuur by toegangspunte te help
# En rugby: ‘n Gewese Bok neem oor by Plumtree by die Haaie
# Forum for South Africa verwerp ‘n voorstel deur die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, dat die Madlanga-kommissie agter geslote deure moet voortgaan. Kubayi het die stap aangekondig na die naweek se moord in op Marius van der Merwe, oftewel Getuie D, in Brakpan, Ekurhuleni. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê die reg tot inligting en mediavryheid mag nie in die gedrang kom nie:
# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die owerheid het kritieke vennootskappe met verskeie belanghebbendes gesluit om te help met immigrasiebestuur by toegangspunte. Hy sê die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het ongeveer 50 personeellede beskikbaar gestel vir ontplooiing op die Kaapstadse Internasionale Lughawe. Hy sê die Gautengse regering gaan ongeveer 80 personeellede op die OR Tambo Internasionale Lughawe ontplooi:
# Die Mededingingstribunaal het voorwaardelike goedkeuring gegee vir ‘n samesmelting tussen ACE Brands en Tiger Consumer Brands se meule op die Hoëveld. Die transaksie behels dat Rand Agri Holdings Tiger se koring- en witmielie- en ACE se aanlegte in Potchefstroom bekom. Rand Agri, wat ‘n geelmielie-meul in Bethal bedryf, gaan sy produksie uitbrei, insluitend met mieliegruis, pap, stampkoring, kitspap en ander ACE-handelsmerke, terwyl werkers se regte beskerm word.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê intussen hy sal betrokke wees by goedkeuring vir ‘n voorgestelde samesmelting tussen Netflix en Warner Brothers. Netflix het Vrydag ingestem om Warner Brothers Discovery se TV-, rolprentateljee- en stroomafdeling vir 1,26-duisend-miljard-rand te koop, wat beheer oor een van Hollywood se grootste bates aan die stroompionier sal oorhandig. Trump het nie gesê of hy ten gunste van goedkeuring vir die ooreenkoms is nie, maar het ‘n potensiële konsentrasie van markmag in die vermaaklikheidsbedryf genoem.
# Rugby: Die gewese Springbok-agterspeler JP Pietersen het as waarnemende hoofafrigter van die Haaie oorgeneem na John Plumtree se termyn gister op ‘n laagtepunt geëindig het met ‘n nederlaag van 59-19 teen Toulouse in ‘n Kampioenebeker-wedstryd in Frankryk. Die gasheer was na 24 minute reeds 28-0 voor, wat die Durbanse span se treurmare onderstreep ondanks sy oorvloed aan nasionale spelers. Plumtree bly aan by die unie in ‘n rol wat nog bepaal moet word. Pietersen het die laaste van sy 69 toetse vir Suid-Afrika in 2016 gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-97-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 22-rand-59-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-909-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-211-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 62-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….