Nuus 16:00
BULLETIN 14 November 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# FlySafair en sy vakbond sluit ‘n salaris-ooreenkoms van vier jaar
# Twee mense sterf en ses is gewond in ‘n skietvoorval in Wentworth, Durban
# En rugby: 42 spelers neem deel aan die Springbokvroue se belyningskamp
# Suid-Afrika se grootste lugredery, FlySafair, sê hy het ‘n ooreenkoms met vlugbemanning bereik wat ‘n dooiepunt oor salarisse beëindig ‘n week voor die land wêreldleiers verwelkom vir die G20-beraad. Die redery sê hy het ‘n ooreenkoms van vier jaar aangegaan met die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging, maar het geen besonderhede verstrek nie. Bemanningslede is langer as ‘n week gelede uitgesluit toe onderhandelings vasgeval het. FlySafair, wat 60-persent van die binnelandse mark beheer en daagliks sowat 300-duisend passassiers vervoer, het deurentyd volgehou sy werksaamhede is nie geraak nie.
# Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, hou vol die party beskerm sy identiteit ingevolge die wet in die Appèlhofsaak teen die MK-party oor die gebruik van die Umkhonto we Sizwe-naam en -kenteken. MK sê die erfenis behoort aan alle veterane van die vryheidstryd. Die saak fokus op intellektuele eiendom, kopiereg en handelsmerk-betoë. Ramaphosa het in Kliptown, Soweto, gesê hulle wag op die uitspraak:
# Twee mense is doodgeskiet en ses gewond in ‘n voorval in Wentworth, Durban. Die voorval het plaasgevind toe aanvallers uit hulle voertuig geklim en losgebrand het op ‘n groep mense wat naby ‘n woonstelgebou gesit het. Nooddienste het blitsig reageer, maar twee slagoffers is op die toneel aan hulle wonde dood. KwaZulu-Natal se polisie het met ‘n soektog begin en probeer die motief uitpluis.
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is ontsteld oor die toestand by die Departement van Indiensneming en Arbeid wat ‘n vakaturekoers van 44-persent het. Volgens ʼn onlangse verslag is daar sowat drie-duisend-924 vakante poste. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, moet dadelik en beslissend optree en voorkeur gee aan die vul van poste, die vervanging van verouderde inligting- en kommunikasiestelsels, en aandag gee aan geboue:
# Rugby: Twee-en-veertig spelers is uitgenooi na ‘n weeklange belyningskamp vir die Springbok-vroue in Kaapstad. Die groep bestaan uit 21 spelers wat Suid-Afrika in September op die Wêreldbekertoernooi in Engeland verteenwoordig het, en verskeie ander wat verlede maand op die Onder-20-vroueweek in Johannesburg uitgeblink het. Afrigter Swys de Bruin sê die kamp sal hulle geleentheid gee om na sommige van die jong spelers te kyk ten einde ‘n beter begrip te vorm van hul vermoëns tussen die senior spelers.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-92-sent teen die euro en 22-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-4-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-112-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….