Nuus 16:00
BULLETIN 30 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hof bevind hoofman Albert Luthili is nie deur ‘n trein doodgery in 1967 nie
# Getuie C verbind Matlala aan die ‘Groot Vyf’-kartel wat regeringstenders beheer
# En krieket: Selfs die magtige Indië se besoek vir vyf toetse kon nie Australië se geldsake red nie
# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het bevind teen ‘n ondersoek van 1967 dat die destydse president van die ANC, Albert Luthuli, deur ‘n trein doodgery is. Regter Nompumelelo Hadebe het bevind bewyse stem nie ooreen met die oorspronklike gevolgtrekking nie, soos dat hy aangerand is voor sy liggaam op die spoor geplaas is. Forensiese kenners het getuig dat Luthuli se beserings verdedigingswonde toon. Hoewel die hof nie die aanvallers genoem het nie, het die uitspraak groot gebreke en moontlike toesmeerdery in die aanvanklike ondersoek uit die apartheidsera blootgelê.
# Getuie C het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala het die geskorste adjunk-nasionale kommissaris van Polisie vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, deur die oorlede Pretoriase taxibaas Jothan “Mswazi” Msibi ontmoet het. Msibi was deel van ‘n beweerde misdaadnetwerk bekend as die “Groot Vyf”-kartel. Volgens die getuie het Matlala glo gesê die groep het staatsdepartemente en die Suid-Afrikaanse Polisiediens beïnvloed:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge het ‘n “Waarde vir Geld”-wetsontwerp voorgestel. Die nuwe voorgestelde wetsontwerp wil die manier verander waarop die regering staatsgeld bestee. Dit sal die ingewikkelde punte-gebaseerde voorkeurstelsel met ‘n enkele, deursigtige standaard vervang. Hermann Pretorius van die instituut sê die wetsontwerp behou beperkte en deursigtige gelykstaande voorkeure, soos bewese dienslewering, werksintensiteit, finansiële selfstandigheid en ‘n kort rasgebaseerde oorganggelykheid in gevalle waar ‘n bod van dieselfde waarde is:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê die Vaaldam is weer vol nadat dit Dinsdag ‘n vlak van 100,88-persent bereik het. Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar was die dam net 34,77-persent vol. Volgens die departement het die goeie reënval in Gauteng en die Vrystaat gesorg dat die dam ‘n bestendige vlak handhaaf. Owerhede sal egter voortgaan om die stelsel te monitor om balans in die opvanggebiede te handhaaf.
# Krieket: Die reeks van vyf toetse teen Indië het nie Krieket Australië se finansiële probleme verlig nie. Die beheerliggaam het ‘n netto-verlies van meer as 124-miljoen-rand vir die vorige boekjaar aangekondig. Dit is steeds heelwat minder as die vorige jaar. Krieket Victoria se voorsitter, Ross Hepburn, het die nasionale liggaam tydens vandag se jaarvergadering gekritiseer en gesê die situasie heers reeds van voor die Covid-19-pandemie. Krieket Australië se uitvoerende hoof, Todd Greenberg, is baie optimisties oor die huidige witbalreekse teen Indië en die reeks om die As teen Engeland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-29-sent teen die dollar, 20-rand-4-sent teen die euro en 22-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-166-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-979-dollar-75-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-78-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….