Nuus 16:00
BULLETIN 1 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die NVG verwelkom Julius Malema se skuldigbevinding in sy vuurwapenverhoor
# OUTA sê die Tembisa-hospitaal is aangewend vir plundering in plaas van gesondheidsorg
# En krieket: ‘n Rekord-skare ruk op vir die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi vir vroue
# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die skuldigbevinding van die EFF-leier, Julius Malema, in sy vuurwapenverhoor in Oos-Londen. Malema se medebeskuldigde, sy voormalige lyfwag Adriaan Snyman, is vrygespreek. Die NVG se Oos-Kaapse woordvoerder, Luxolo Tyali, het bevestig die saak is tot Januarie uitgestel vir die indiening van ‘n voorvonnisverslag, waarna die NVG die hof sal raad gee oor ‘n gepaste vonnis:
Malema het egter sy skuldigbevinding veroordeel en as rassisties verklaar. Hy het aan sy ondersteuners gesê die uitspraak is gelewer om AfriForum, die DA en die Withuis tevrede te stel. Hy verwelkom Snyman se onskuldigbevinding, en beloof om na die Konstitusionele Hof te appelleer:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni, Gauteng, is vir plundering aangewend eerder as vir gesondheidsorg. Dit volg nadat ‘n verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid onthul het sindikate word verbind met die diefstal van meer as twee-miljard-rand, met hospitaalpersoneel en gesondheidsbeamptes wat betrek word. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, vra beter beskerming vir fluitjieblasers en ‘n volledige oudit van alle Gautengse hospitale:
# Die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en kulturele aktivis, Zukiswa Wanner, het regerings versoek om die volksmoord in Gaza te beëindig. Sy is deel van die Global Sumud-flottielje en sê nasies moet ophou om Israel te befonds en te bewapen. Wanner vra lande soos Turkye, Italië en Spanje om simboliese gebare in beslissende optrede te omskep. Sestien regerings steun die flottielje se veilige deurgang om hulp aan Gaza te voorsien. Wanner eis Israel se blokkade moet beëindig en Palestynse lewens beskerm word:
# Krieket: Die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi vir vroue tussen die gasvroue, Indië en Sri Lanka, in Guwahati het ‘n bywoningsrekord vir ‘n openingsdag gestel. Die 22-duisend-843 toeskouers is die meeste wat nog ‘n groepswedstryd in enige Wêreldbekertoernooi bygewoon het. Die vorige rekord van 15-duisend-935 is opgestel gedurende verlede jaar se Groep A-wedstryd tussen Indië en Pakistan in die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Indiese krieketlegende Sachin Tendulkar sê hierdie mylpaal stuur ‘n sterk boodskap dat vrouekrieket nie net toejuiging verdien nie, maar ook gelyke respek.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-13-sent teen die dollar, 20-rand-15-sent teen die euro en 23-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-854-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-886-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….