Nuus 16:00
BULLETIN 12 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Trump sê ‘n verdagte is aangekeer na die moord op Charlie Kirk
# Ramaphosa vereis sterker samewerkende regering
# En rugby: Die Bokke se hulpafrigter waarsku hulle sal môre 80-minute lank voluit moet speel
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die verdagte in die moord op Charlie Kirk is waarskynlik in aanhouding. Die konserwatiewe aktivis is Woensdag by die Utah Valley University vermoor. Trump het aan Fox News gesê iemand na aan die verdagte het hom aangegee, en sy pa het hom oortuig om oor te gee. Owerhede beskryf die sluipmoord as ‘n geteikende aanval deur iemand op ‘n dak. Trump gee lede van die radikale linkses die skuld vir die moord, maar vra sy ondersteuners om nie gewelddadig te raak nie.
Nou plaaslike nuus:
# President Cyril Ramaphosa sê nasionale en provinsiale diensleweringsgesprekke is daarop gemik om samewerkende regering te versterk soos deur die Grondwet vereis. Hy het in Rustenburg, Noordwes, gepraat en die noodsaaklikheid daarvan beklemtoon om ‘n etiese en bekwame ontwikkelingstaat te bou. Ramaphosa het die Distriksontwikkelingsmodel uitgelig as die sleutel tot die beëindiging van ‘n versplinterde regering en befondsingsbeperkings. Hy beklemtoon dié uitdagings lei tot mislukte projekte, oorbesteding en groter wantroue in die regering:
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê intussen Ramaphosa se provinsiale diensleweringsvergaderings is noodsaaklik om nasionale, provinsiale en plaaslike leiers te belyn. Hlabisa het ook die belangrikheid van die Distriksontwikkelingsmodel beklemtoon om samewerking te verbeter. Hy erken daar is voortdurende uitdagings in munisipaliteite, insluitend onbestendigheid, wat die regering aanspoor om weer daartoe te verbind om mense voorop te stel:
# Die Stad Tshwane sê hoë waterverbruik kan veroorsaak dat die metro se voorraad selfs voor die somer kan opdroog. Vlakke in 16 hoofreservoirs verlaag terwyl die vraag perke oorskry. Die stad pomp tans 22-persent meer water as wat toelaatbaar is en verlengde wateronderbrekings mag volg as die gebruik nie afneem nie. Selby Bokaba van die metro moedig inwoners aan om water spaarsaam te gebuik om die voorraad te beskerm:
# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê hulle besef hulle sal môre die volle 80-minute op hulle beste moet wees in die Rugbykampioenskapswedstryd teen die All Blacks in Wellington. Daar is heelwat op die spel vir Suid-Afrika. As hulle wen, behou hulle die Vryheidsbeker wat hulle verlede jaar die eerste keer sedert 2009 gewen het. Hulle sal ook in die wedloop bly om hulle titel te verdedig en weer die nommer een-posisie in die wêreld beklee. Stick sê hulle het baie geleer uit verlede week se nederlaag in Auckland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-38-sent teen die dollar, 20-rand-37 teen die euro en 23-rand-54-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-914-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-642-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….